Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kry dubbel jou data – hier is hoe
Vodacom bied nou aan intekenare dubbel die hoeveelheid data wat hulle aanskaf teen geen bykomende koste. Foto: Unsplash

Vodacom bied nou aan intekenare dubbel soveel data as sekere databondels wat geldig is vir een dag, ’n week of ’n maand wat op sy app of aanlyn aangeskaf word.

Vodacom se Just4You-platform binne sy app bied reeds groot besparings op data aan intekenare.

Die diensverskaffer het wel besluit om nou die hoeveelheid data wat aangeskaf word teen geen bykomende koste nie te verdubbel.

Hy doen dit juis sodat intekenare in “hierdie moeilike tye in verbinding kan bly met geliefdes”, sê Jorge Mendes, hoof van Vodacom se afdeling vir verbruikersdienste.

Vodacom en MTN het albei rondom die begin van die nasionale staat van inperking groot besparings op die prys van databondels aangekondig.

Dié stap is wel genoodsaak deur ’n bevinding van die Mededingingskommissie in Desember 2019 dat die prys van selfoondata in Suid-Afrika gans te duur is.

MTN het einde Maart die prys van sommige van sy databondels met tot 50% verlaag terwyl Vodacom rondom dieselfde tyd aansienlike prysverlagings ingestel het.

Vodacom het ook in reaksie op die kommissie se bevindinge en aanbevelings onderneem om oor die volgende paar jaar die prys van sy data verder te verlaag.

Sommige databondels is reeds 40% goedkoper as voorheen, het Vodacom al aan Netwerk24 gesê.

Sy jongste aanbod van dubbel die hoeveelheid data teen dieselfde prys geld egter net sekere databondels en word aangedui op sy app, sê Vodacom in ’n verklaring.

Vooruitbetalende, sowel as sommige kontrakkliënte, kan tussen nou en die einde van September van die diensverskaffer se app gebruik maak of *123# skakel om van die spesiale aanbod gebruik te maak.

Meer oor:  Vodacom  |  Mtn  |  Data  |  Diensverskaffers  |  Datapryse  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.