Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kry Showmax teen halfprys, maar daar’s ’n vangplek
Showmax is een van die gewildste stromingsdienste in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

Jy kan nou inteken op Showmax teen die helfte van die gewone prys, maar jy sal net op jou slimfoon na die programme kan kyk.

Die stromingsdiens het sy mobiele plan dié week aangekondig.

Dit is reeds beskikbaar in ander Afrika-markte waarin hy sake doen.

Waar Showmax gewoonlik R99 per maand kos, kos die mobiele plan net R49.

Intekenare kry toegang tot al die inhoud op Showmax, insluitend regstreekse sportuitsendings, maar kan net op een slimfoon daarna kyk.

Die pakket laat ook nie toe dat jy die beeld vanaf jou slimfoon na jou TV beeldsend met byvoorbeeld Google se Chromecast of Apple se AirPlay nie.

Die pakket laat ook net toe dat een toestel geregistreer word. Die normale pakket laat tot vyf toestelle op een rekening toe.

Volgens Niclas Ekdahl, hoof van Connected Video, die afdeling van MultiChoice wat Showmax bedryf, word die stap gedoen om vermaak toegankliker te maak.

MultiChoice het onlangs sy tussentydse resultate vir die ses maande tot einde September bekend gemaak. Daarvolgens het sy aantal intekenare op stromingsdienste soos Showmax met ’n stewige 48% toegeneem.

Volgens Ekdahl sal Showmax se nuwe mobiele pakket veral sport en plaaslike reekse aan ’n wyer gehoor beskikbaar stel.

Showmax beplan om later vandeesmaand wedstryde van die Engelse Premierliga regstreeks uit te saai.

Meer oor:  Multichoice  |  Showmax  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.