Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kry só ’n gratis gesigmasker
Die dra van ’n gesigmasker gaan eersdaags verpligtend wees. Foto: Unsplash

Die dra van ’n gesigmasker, hetsy by die werk of as jy uitgaan in die openbaar, word op 1 Mei verpligtend.

Die regering gaan nie maskers uitdeel nie, het ’n woordvoerder van die gesondheidsdepartement aan Netwerk24 bevestig.

Takealot is wel van plan om ’n halfmiljoen gesigmaskers gemaak van lap gratis aan sy klante uit te deel wat bestellings van meer as R450 plaas.

Bestellings van meer as R450 by Superbalist sal ook kwalifiseer.

Dié bestellings kwalifiseer ook vir gratis aflewering.

Die lapmaskers, wat elk uit drie lae bestaan soos deur die regering vereis, word plaaslik vervaardig en sal “sodra gereed” saam met kwalifiserende bestellings verskeep word, sê Takealot in ’n verklaring.

Elke kwalifiserende bestelling sal een masker vir ’n volwassene bevat.

Die maskers sal ook afsonderlik op Takealot en Superbalist gekoop kan word teen R99 vir twee.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Saterdag gesê die dra van ’n gesigmasker gaan tydens die vlak 4-inperking verpligtend wees. Suid-Afrika gaan op 1 Mei oor na vlak 4.

Mense wat nie ’n gesigmasker besit nie, kan ook ’n T-hemp of serp gebruik, het Dlamini-Zuma gesê.

Weinig is gesê oor watter artikels e-handelaars soos Takealot en Superbalist onder die vlak 4-inperking sal mag verkoop.

Tot dusver mag Superbalist glad nie sake gedoen het nie, en Takealot mag net noodsaaklike artikels soos kos en babaprodukte verkoop het.

Winterklere mag wel vanaf 1 Mei verkoop word, maar Superbalist het nog nie geantwoord op die vraag of hy gereed is om bestellings vir winterklere te ontvang nie.

Die verkoop van rekenaars en selfone is ook tydens vlak 4 gewettig, het Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, Saterdag gesê, asook opvoedkundige boeke en skryfbehoeftes.

Takealot het reeds ’n beroep op die regering gedoen om die lewering van nienoodsaaklike artikels tydens die inperkingstyd toe te laat. Die e-handelaar verwag om R350 miljoen in inkomste weens die beperkings te verloor.

Takealot is ook die plaaslike verspreider van beskermende toerusting ter waarde van R1 miljard wat deur Naspers en Tencent geskenk word om Covid-19 plaaslik te bekamp.

Die eerste besending maskers en ander beskermende drag het ’n week gelede in Suid-Afrika aangekom.

Meer oor:  Superbalist  |  Takealot  |  Tegnologie  |  Gesigmaskers  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.