Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kry Uber Lite vir jou ou, stadige foon
Uber het ’n nuwe ligter weergawe van sy app bekend gestel. Foto: Getty Images

Diegene met ’n “eenvoudige” Android-toestel sal nou ook ’n Uber kan bestel.

Dié gewilde app-gegronde taxidiens het ’n nuwe weergawe van sy app bekend gestel wat heelwat minder bergplek en verwerkingspoed as die bestaande app vereis.

Uber Lite benodig minder as 5 megagrepe bergplek teenoor die bestaande app wat meer as 170 megagrepe in beslag neem.

So hoe verskil dit van die bestaande app?

Eerstens laai Uber Lite baie vinniger en gebruik dit boonop ook heelwat minder data.

Gebruikers sien ’n vereenvoudigde weergawe van die besprekingsproses. ’n Bestuurder word outomaties na ’n nabygeleë landmerk naby die gebruiker se huidige ligging gestuur.

Die gebruiker word dan aangeraai om daarheen te stap en die bestuurder daar te kry.

Tweedens wys die app nie outomaties ’n kaart waarop ’n gebruiker kan sien hoe sy rit vorder nie.

Dit beteken die app loop seepglad, selfs op selfone met ’n baie klein geheue wat gewoonlik vrek stadig is.

Boonop gebruik Uber Lite heelwat minder data juis omdat dit nie die kaart elke keer hoef te laai nie.

’n Groot deel van Uber se potensiële mark was tot dusver uitgesluit juis omdat die app soveel eise aan toestelle stel.

Veral in Afrika, waar Uber reeds in 13 stede sake doen, kon gebruikers met eenvoudige, goedkoop selfone nie die app gebruik nie.

Uber Lite, wat dieselfde veiligheidsfunksies as die bestaande app bied, is reeds in die Google Play-winkel beskikbaar.

Meer oor:  Uber  |  Android  |  Slimfoon  |  Taxidiens  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.