Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kry vir jou ’n ‘Beast’ van ’n Android-TV

As jy hou van groot speelgoed, is die nuwe Skyworth TV net die regte Beast vir jou.

’n TV van 86 duim wat met die nuutste Android-bedryfstelsel toegerus is, is pas bekend gestel. Foto: Skyworth

Die maatskappy het pas Suid-Afrika se grootste Android-slim-TV bekend gestel. Wat dit besonders maak, is dat die TV gedryf word deur die nuutste Android 10-bedryfstelsel.

Die skerm is 86 duim (218 cm) groot, wat dit nou die grootste Android-TV in die plaaslike mark maak.

Skyworth het die SUC9500 die afgelope week aanlyn bekend gestel. Die grootte was net een van die twee uitstaande faktore met die bekendstelling.

Die ander is die aankondiging dat Skyworth ’n vennootskap beklink het met een van Suid-Afrika se grootste bekendes, letterlik en figuurlik, Tendai “Beast” Mtawarira, ’n vennootskap wat deur Roc Nation Sports gefasiliteer word.

“Oor die afgelope jaar het dit duidelik geword dat die huis nie net ’n plek is waar ons woon nie, maar ook werk, oefen, speel en onsself vermaak. Vir Skyworth was dit dus die logiese volgende stap om ’n produk bekend te stel wat met enige vermaaklikheidsentrum kan meeding, ’n produk wat jou laat voel asof jy deel is van iets groters,” verduidelik Jaco Joubert, Skyworth se handelsnaambestuurder.

Tendai “Beast” Mtawarira beskou vermaak as ’n groot deel van sy lewe.Foto: Skyworth

Hy voeg by dat die vennootskap met Beast net reg pas.

“Wie kan ons beter help as Beast om die ‘beast’ van ’n TV te help verkoop? Hy is ’n gesinsman wat hou van sy sport en vermaak byderhand.

“Skyworth sal seker maak hy mis nooit ’n wedstryd nie. Boonop kon die tydsberekening nie beter gewees het nie, met die toetsreeks tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus om die draai.”

Volgens Beast is daar niks beter as gesinstyd met lekker vermaak vir almal nie. “ ’n Fliek en lekker maaltyd saam met my gesin op ’n Vrydagaand ná ’n lang werksweek is altyd lekker. Vermaak is ’n groot deel van my lewe, of dit nou TV kyk, musiek luister of dans is. Ek sien uit na my reis met die Skyworth-familie.”

Die SUC9500 is nie net ’n TV nie, dit is ’n huis se vermaaklikheidsentrum – een wat jy van tot 5 m ver kan beheer. Dit het ’n stembeheerstelsel, wat beteken jy hoef nie altyd rond te skarrel vir die afstandbeheer nie.

Die TV het wat Skyworth ’n grenslose skerm noem wat beteken die kante is baie dun. Dit verbeter die kykervaring.

Ander funksies sluit in onbeperkte toegang tot Google Play Store, die nuutste Android 10-bedryfstelsel, Super Hardware-konfigurasie, Dolby Vision en Dolby Atmos, tweerigting-Bluetooth-transmissie en CastPlay, om maar ’n paar te noem.

Kyk gerus hier na die TV se bekendstelling op YouTube.

https://www.youtube.com/watch?app=desktop&v=oFWzDtfYoI8

Die SUC9500 is beskikbaar by alle toonaangewende kleinhandelaars teen ’n aanbevole verkoopprys van R34 999.

Daar is wel groter slim-TV’s te koop, maar nie met die nuutste Android 10-bedryfstelsel nie.

Meer oor:  Tendai "Beast" Mtawarira  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Tv  |  Android  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.