Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
(On)veilig op die web: Te veel hergebruik wagwoord

Internetveiligheid raak toenemend belangrik, veral aangesien al hoe meer mense te midde van die Covid-19-pandemie van die huis af werk.

Tog wys navorsing van KnowBe4 Research dat 76% van werknemers waarskynlik hul werkverwante wagwoorde hergebruik.

Langer wagwoorde is beter, maar jy moet dit gereeld verander. Foto: Unsplash

KnowBe4 Research evalueer organisasies se veiligheidskultuur en het die antwoorde van meer as 160 000 mense wêreldwyd in peilings ontleed.

Hiervolgens skryf drie uit vier respondente nie hul wagwoorde neer nie.

Terselfdertyd wys ander peilings dat net minder as 25% ’n program gebruik om hul wagwoorde te bewaar, terwyl die helfte dit bloot probeer onthou.

“Die meeste van ons gebruik ’n hele aantal aanlyn dienste en stelsels wat wagwoorde vereis, sowel by die werk as tuis. Deur dieselfde wagwoord op verskillende plekke te gebruik – of ’n kort wagwoord wat maklik is om te onthou – maak jy dit makliker vir kuberkrakers om toegang tot jou rekeninge te kry,” verduidelik Kai Roer, besturende direkteur van KnowBe4 Research.

KnowBe4 Research se ontleding wys meer as vier uit vyf mense in die bank-, konsultasie- en tegnologiesektor skryf nie hul wagwoorde neer of stoor dit nie.

Raad oor die gebruik van wagwoorde was oor die jare nie baie konsekwent nie, terwyl die aantal webwerwe en stelsels wat ’n aanmeldwagwoord benodig, vinnig toegeneem het, sê Roer.

“Maatskappye het werknemers jare lank aangeraai om nie hul wagwoorde neer te skryf nie. Daarna is hulle gevra om ingewikkelde en unieke wagwoorde te skep. Komplekse wagwoorde is moeilik om te onthou, en baie werknemers sal besluit om wagwoorde te hergebruik. Dit is menslike natuur, maar gelukkig is daar oplossings hiervoor.”

Roer stel voor almal doen ’n bietjie meer moeite met hul wagwoorde. Dit hoef nie ’n moeilike proses te wees nie.

“Dit is eenvoudig, maar uiters belangrik. En as jy wil uitvind of jou e-pos en wagwoorde moontlik reeds gesteel is of deel van ’n datalek was, kan jy die webwerf Have I Been Pawned besoek. Daar sal jy byna 10,5 miljard gesteelde gebruikersname en wagwoorde vind,” sê hy.

Wenke vir goeie wagwoorde

  • Skep unieke, effens langer wagwoorde. Die veiligste oplossing is om ’n unieke wagwoord te skep vir elke diens wat jy gebruik. Wagwoorde hoef nie ’n enkele woord te wees nie, dit kan ’n eenvoudige sin of ’n lukrake reeks syfers, letters en spesiale karakters wees.
  • As jy baie unieke wagwoorde het, kan dit moeilik wees om almal te onthou. Skryf dit neer, maar maak seker dat niemand anders toegang tot die lys het nie.
  • Gebruik ’n wagwoordbestuurder. Dit is ’n goeie en veilige manier om te voorkom dat jy ingewikkelde, unieke wagwoorde moet onthou. Baie goeie programme en apps is beskikbaar. Werknemers moet hul IT-afdelings raadpleeg oor watter wagwoordbestuurders hulle kan gebruik.
Meer oor:  Kuberaanval  |  Kuberveiligheid  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.