Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kuberaanval: PPS sê ‘data nie in gevaar’

As jy een van die 150 000 mense met ’n graad is wat een van PPS se finansiële produkte besit of lid van sy mediese fonds is, kan jy moontlik verontrief word deur ’n kuberaanval op die maatskappy.

Die maatskappy se kuberkundiges het bevestig dat hy die slagoffer is van ’n kwaadwillige kuberaanval.

’n Onafhanklike forensiese ondersoek na die stelselonderbrekings wat sedert 9 Maart ervaar word, toon egter geen bewyse dat enige data in gevaar gestel is nie. Sy IT-kundiges fokus nou daarop om die funksionaliteit op sy stelsels ten volle te herstel.

Die maatskappy sê hy is jammer oor die vertragings wat sommige lede op die stelsel ervaar.

“ ’n Aantal alternatiewe prosesse is intussen ingestel om die impak op kliënte te verminder.”

PPS bemark sy versekering, beleggingsprodukte en mediese fonds aan gegradueerdes.

Die berig sal aangepas word sodra antwoorde ontvang word op navrae oor die duur van die kuberaanval en watter soort vertragings ervaar word.

Sy kliënte is Saterdag van die aanval in kennis gestel.

Meer oor:  Pps  |  Tegnologie  |  Kuberaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.