Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kuberboelies: 51% van SA kinders al geteiken
Kinders is dikwels te bang om hul ouers van kuberboelies te vertel.Foto: Unsplash

Dis nie net grootmense wat meer aanlyn leef nie, maar ook kinders. Ouers moet daarom opgewasse wees om na hul kinders se kuberveiligheid om te sien.

Digimune, ’n kuberveiligheidsmaatskappy vir sosiale media, het in Februarie 200 Suid-Afrikaanse ouers ondervra om hul sienings en bekommernisse oor kinders en digitale bedreigings te bepaal.

Die resultate het aangedui dat die kinders van die respondente se gemeenskappe reeds geraak is deur die volgende kuberbedreigings:

  • 35% van die kinders was die slagoffers van kuberkruiping;
  • 36,5% van die kinders is al aanlyn sleggesê;
  • 43,5% van die kinders het gewilliglik hul persoonlike inligting op aanlyn platforms gedeel;
  • 54% van die kinders het via digitale platforms toegang tot onvanpaste inhoud verkry; en
  • ’n Verbysterende 51,5% van die kinders is reeds deur kuberboelies aangeval.
digimun

Volgens Digimune sal die werklike syfer waarskynlik nog hoër wees omdat kinders soms onwillig is om hul ouers van aanvalle te vertel.

Die verslag noem dat in plaas van vinnige aanvalle met behulp van tegnologie en tegnieke, vat kubermisdadigers eerder hul tyd. Hulle is “strategies”.

“Die diefstal van persoonlike inligting of inbraak op sosialemedia-platforms is goeie voorbeelde hiervan. Omdat misdadigers die inligting op die donker web verkoop, is dit in hul guns as jy en jou kind onbewus is van die diefstal,” sê Simon Campbell-Young, medestigter en hoof van wêreldwye verkope van Digimune.

Die vyf grootste digitale bekommernisse wat ouers het, is:

  • Skaam-/wraakpornografie;
  • Kuberafknouery;
  • Toegang tot inhoud vir volwassenes of andersins onvanpaste inhoud;
  • Seksuele gereedmaking; en
  • Identiteitsdiefstal.
digimune

’n Groot probleem vir ouers vandag is die toegang tot digitale toestelle en hoe om dit beheer.

Die oorgrote meerderheid kinders het van jongs af toegang tot ’n wye verskeidenheid aanlyn toestelle.

Teen die ouderdom van 10 jaar het 30,5% van kinders hul eie slimfoon en 41,5% het toegang tot ’n gedeelde slimfoon. Daar is wel ouers wat aandui dat hul kind geen slimfoon het nie.

“Om aanlyn te wees en toegang te hê tot ’n verskeidenheid digitale instrumente en platforms is ’n moet, dis nie net iets lekkers om te hê in vandag se wêreld nie. Ons aanlyn lewe is net so belangrik as ons gewone lewe.

digimune

“Ons leer, skep, kuier en oefen deesdae aanlyn. Ongelukkig is daar ook misdadigers wat daaruit voordeel wil trek en verwoesting onder ons kinders saai,” sê Campbell-Young.

“Ouers moet hulself en hul gesinne beskerm deur tegnologie op die regte manier in te span. Daarom moet ouers hulle ook inlig oor die gevare en soek na die beste manier om hul gesinne te beskerm.”

Meer oor:  Kuberaanval  |  Sosiale Media  |  Kuberboelies  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.