Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kuberkrakers breek in by Rain

As jy ’n Rain-intekenaar is, moet jy ná die onlangse veiligheidsbreuk oorweeg om jou wagwoorde te verander, al sê die internetverskaffer dit is nie nodig nie.

Rain se webwerf was Donderdag van lyn af. Foto: Rain

Kuberkrakers het in die veiligheidsbreuk by die maatskappy toegang tot Rain-intekenare se persoonlike inligting verkry.

Rain se kuberveiligheidspan het onlangs die ongemagtigde toegang tot sy faktuurbergingstelsel ontdek.

Willem Roos, uitvoerende hoof van Rain, het aan MyBroadband gesê die kuberaanval het ná ’n onlangse ingewikkelde opgradering van ’n verskeidenheid van hul stelsels plaasgevind.

“Dit beteken dat toegang tot sommige van die verbruikers se historiese fakture – met die inligting beperk tot name en posadresse – verkry is.”

Slegs sowat 10% van Rain se kliënte is geraak.

Ondanks die oortreding het die maatskappy intekenare verseker dat hul sensitiewe inligting veilig is en dat geen optrede van hulle vereis word nie.

Rain het bygevoeg dat daar geen ongemagtigde toegang tot stelsels was wat inligting soos aanmeldbesonderhede, ID-nommers, bank- of kaartbesonderhede stoor nie.

“Om ons klante te beskerm, stoor Rain geen betalingsverwante inligting direk nie,” het hy gesê.

“Dié sensitiewe data word buite die webwerf gestoor by ’n onafhanklike spesialis-vennoot en gebruik sekerheid wat soortgelyk as dié van banke is.”

Rain het gesê “streng veiligheidsmaatreëls was suksesvol om te verseker dat verdere sensitiewe inligting veilig en privaat bly”.

Die maatskappy werk nou saam met die betrokke owerhede om die ongemagtigde toegang te ondersoek.

Rain het bygevoeg dat die kwesbaarheid wat kuberkrakers toegang tot hul stelsel gegee het, geïdentifiseer en reggestel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.