Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kuberkrakers: Hiér is baie werk vir IT-mense

Daar is wêreldwyd ’n nypende tekort aan IT-werkers wat spesialiseer in kuberveiligheid en dit kan maatskappye blootstel aan kuberkrakers en kommersiële spioenasie. Universiteite bied ook nie tans in hul kurrikula genoeg kursusse om kuberveiligheidspersoneel op te lei nie, sê kenners.

’n Tekort aan personeel wat spesialiseer in kuberveiligheid skep die ideale omstandighede vir kuberkrakers om toe te slaan op maatskappye en individue. Foto: iStock

Dataskendings het in die afgelope jaar vyfvoudig toegeneem, sê Anna Collard, besturende direkteur by KnowBe4 Africa, maar maatskappye sukkel internasionaal en plaaslik om vakatures te vul met personeel wat hul netwerke en data kan beveilig.

“Die soort kuberaanvalle het meer gesofistikeerd geword en volumes het toegeneem. Mense is ook blootgestel omdat hulle by die huis werk op verouderde toerusting wat nie altyd die nodige antivirusbeskerming bied nie.”

Tot onlangs toe was gyselware die vernaamste vorm van kuberaanvalle, maar deesdae is dit identiteitsdiefstal, veral van maatskappye se IT-personeel, sê Collard. Dit word dan gebruik om stelsels te kraak.

“Maatskappye wat nie kuberveiligheidspersoneel het om hulle hierteen te beveilig nie, is uiters blootgestel aan sulke aanvalle,” sê Doros Hadjizenonos, streeksverkoopsbestuurder by Fortinet.

Die tekort aan sulke spesialiste beloop tans by die miljoene oor die wêreld heen.

Collard sê opleidingsinstansies neem lank om kurrikula by te werk en teen die tyd dat ’n nuwe leerplan ontwikkel is, het die tegnologie al weer verder gevorder en is dit verouderd. In Suid-Afrika emigreer kuberveiligheidspersoneel boonop omdat dit ’n gesogte internasionale loopbaan is.

Hadjizenonos sê maatskappye kan gerus internskappe aanbied vir jong werkers en ook bestaande IT-personeel verder oplei op die gebied van kuberveiligheid.

Leergierige IT-werkers met die regte ingesteldheid, veral dié wat spesialiseer in wolkbergingsveiligheid, sal dit ver bring in die bedryf, sê Collard. Belangstellendes kan regstreeks leer by die internasionale reuse soos Amazon wat aan die voorpunt is van wolkbergingstegnologie.

Fortinet bied gratis basiese en gevorderde opleidingsprogramme in kuberveiligheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.