Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kuberkrakers verlam Transnet en sy hawens

Kuberkrakers het Donderdag toegeslaan op Transnet. Sy hele IT-stelsel nasionaal is van lyn af.

Die webwerf SATrucker berig Transnet-bronne binne die maatskappy sê die hele onderneming se stelsels nasionaal is van lyn af.

Gerugte doen die ronde dat dit ’n enorme uitwerking het op Transnet se hawens, ook dié in Durban en Richardsbaai, wat reeds ’n week se sake verloor het omdat dit te midde van verlede week se plundery en geweld gesluit het.

Transnet is gekraak, wat hawens beïnvloed, maar nie treine nie. Foto: Getty Images

Transnet kan weens die krakery nie bereik word vir kommentaar nie.

Die maatskappy se webwerf is ook van lyn af.

Kuberkrakers slaan toenemend toe op infrastruktuur wêreldwyd in ’n poging om lande te verlam.

Dit is onduidelik of die kuberkrakers tans indringerware gebruik het om die maatskappy se stelsels as gyselaar te hou vir ’n losprys of net verwoesting wou saai.

Transnet bevestig egter op Twitter dat sy treine nog loop.

Die stelsels wat treine aan die gang hou, is nie geraak nie.

Meer oor:  Ikt  |  Transnet-Kuberaanval  |  Hawens  |  Infrastruktuur  |  Kuberkrakers  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.