Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: App help jou skoene ‘aanpas’ voor jy koop

Tegnologie soos virtuele en aangevulde realiteit (VR of AR) wat ons in Hollywood-flieks soos Blade Runner 2049 sien, is nog nie heeltemal met ons nie, maar ons beweeg al hoe nader, veral op ons voete.

Die groot verskil tussen in die winkels rondloop en aanlyn inkopies doen, is dat jy nie altyd ’n produk kan uittoets of aanpas voordat jy dit koop nie.

Neem byvoorbeeld wanneer jy skoene koop. Gewoonlik as ons nuwe skoene of tekkies soek, sal jy in die verskeie winkels rondloop totdat jy natuurlik iets sien wat jou aandag trek. Dit werk natuurlik ook so aanlyn, maar as jy wel in die winkel was, kon jy onmiddellik die paar skoene of tekkies aanpas en nie net sien hoe dit lyk nie, maar ervaar hoe dit voel.

Pas jou volgende paar tekkies aanlyn aan voordat jy dit koop.Foto: Wanna Kicks

Dis waar die app van die week, Wanna Kicks, inkom. Die app is een van die voorbeelde van die praktiese gebruik van AR.

Wat is AR?

Dit is ’n tegnologie wat ’n rekenaarbeeld bo-op die gebruiker se werklike wêreld lê en sodoende ’n saamgestelde beeld van albei gee.

Kyk gerus na die Mashable-webwerf se kort verduideliking van wat AR is en hoe dit werk.

Die tegnologie gaan veral nou met die implementering van 5G-tegnologie baie meer gebruik word en Wanna Kicks is dalk net ’n voorsmakie van hoe ons aanlyn inkopies eersdaags gaan verander.

Nadat jy Wanna Kicks afgelaai het van Google Play Store of die Apple Store, kan jy van die gewildste tekkies begin aanpas en koop.

Die app gebruik jou kamera en al wat jy hoef te doen nadat jy die oopgemaak het, is om dit na jou voete te wys.

Die tekkies wat jy gekies het, sal dan op jou voete verskyn. Jy kan selfs vir iemand anders die foon gee om ’n foto te neem.

Al koop jy nie enige van die tekkies nie, is dit ook net pret om ’n bietjie daarmee rond te speel.

Met nie-tasbare bewysstukke (non-fungible tokens) se gewildheid wat groei, kan dit ook as ’n soort produk beskou word.

Dis waarom Gucci virtuele tekkies ontwerp het en dit in soortgelyke apps verkoop.

LEES OOK: Dagga en kuns vir R224 000 gekoop

“Ons missie is om aanlyn inkopies heeltemal te verander,” vertel Sergey Arkhangelskiy, uitvoerende hoof van Wannaby, wat Wanna Kicks besit.

“Ons glo dat AR-aanpassing klante kan help om aanlyn te koop, en dat dit die verskil tussen aanlyn en gewone inkoopervaring sal verminder.”

Meer oor:  Vr  |  Ar  |  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  App Van Die Week  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.