Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: App maak geliefdes ‘lewend’

Het jy al ooit gewonder hoe Ouma- of Oupagrootjie in kleur sou lyk of hoe hulle sou lyk as hulle oogknip?

MyHeritage, ’n app wat jou ook help om jou stamboom te bou, kan foto’s van mense wat jy dalk nie eens geken het nie, weer “lewend” maak.

Foto-albums is nou lank reeds iets van die verlede en net iets wat jy miskien diep agterin Ma se kas of in Oupa se huis sal vind.

Deesdae stoor ons al ons digitale foto’s óf in die iCloud óf op Google Photos, wat dit ook heel gerieflik vir ons agtermekaar hou. Daar word selfs outomaties oulike collages geskep of gebeurtenisse word uitgelig.

Netwerk24 het reeds na die app Kodak Mobile Film Scanner gekyk, waardeur jy negatiewe of ou foto’s kan digitaliseer.

LEES OOK: Met dié app kan jy jou ou foto’s afstof

Met MyHeritage kan jy nie net jou stamboom in orde hou nie, jy kan ook jou ou foto’s “lewend” maak. Dis ’n wonderbaarlike proses wat óf ’n glimlag óf ’n traan sal voortbring.

Jy kan ook die app gebruik om jou familie se foto’s te stoor en jy kan swart-wit foto’s in kleurfoto’s verander.

Jy kan begin bou aan ’n stamboom en selfs (natuurlik teen ’n prys) DNS-toetse aanvra. Op dié manier ontdek jy miskien nuwe familielede oor die wêreld heen.

Die eenvoudige MyHeritage-DNS-toets sal jou unieke etniese agtergrond wys. Jy kan dan kyk na die spesifieke groepe uit meer as 2 100 geografiese streke waaruit jy en jou familie afstam.

MyHeritage het al 4,6 miljard profiele, 89 miljoen gebruikers en 81 miljoen stambome.

So waar begin jy?

Jy begin natuurlik deur MyHeritage van Google se Play Store of Apple Store op jou foon af te laai.

Die MyHeritage-app kan ou foto’s in ’n video omskep. Foto: My Heritage

Jy kan ook selfs op die rekenaar die webwerf MyHeritage.com besoek en daar begin werk as jy nie jou foon wil gebruik nie.

Die app is gratis vir 14 dae en jy sal alles kan doen, maar daarna sal jy moet begin betaal. Die koste beloop ongeveer R1 799 per jaar.

Hou in gedagte dat daar soortgelyke apps is waarop jy stambome kan bou, maar die Deep Nostalgia-tegnologie wat MyHeritage gebruik om lewe aan jou foto’s te gee, is uniek aan die app.

As jy die app op jou foon gelaai en oopgemaak het, sal dit jou vra om te registreer met een van jou sosialemediarekeninge.

Daarna sal jy opsies sien wat sê Tree, Discoveries, DNA, Photos en Research.

  • Met Tree kan jy jou stamboom begin bou deur foto’s van jou verskillende familielede op te laai.
  • Met Discoveries sal die app verskeie voorstelle gee van moontlike familielede in ander streke.
  • Met DNA sal jy natuurlik kan aansoek doen vir DNS-toetse.
  • Met Research sal jy verskillende stambome en etniese groepe kan opsoek om meer daaroor te leer.
  • Met Photos sal jy jou ou foto’s kan manipuleer.

Dit stel jou in staat om foto’s op te laai deur nuwe foto’s van ou foto’s te neem of deur foto’s wat in jou foon se galery is, in te trek.

Jy sal dan verskillende opsies kry, maar die eerste een is die lekkerste en belangrikste. Dit is die Animate-opsie. As jy ’n foto ingetrek het en die Animate-opsie kies, sal dit die spesifieke foto in ’n klein video verander. Dit sal dan voorkom of die persoon in die foto beweeg.

Dit werk die beste met lekker groot kop-en-skouer-foto’s.

Meer oor:  Video  |  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  Film  |  App Van Die Week  |  Tegnologie  |  Foto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.