Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Boelies se dae op Instagram getel

Instagram wil boelies stop en seker maak mense wat op sosiale media geboelie word, weet hoe om vir hulself in die bresse te tree.

In ’n verklaring wat deur Adam Mosseri, hoof van Instagram, uitgereik is, het die platform nou ’n nuwe funksie nadat dit reeds vir jare kunsmatige intelligensie gebruik om inskrywings waarin mense geboelie word of ander skadelike inhoud bevat, te identifiseer.

Dit sluit kommentare, foto’s en videos in.

Die nuwe funksie word ook deur kunsmatige intelligensie moontlik gemaak.

Dit stel mense in kennis dat hul kommentaar of direkte boodskappe aanstoot kan gee voordat hulle dit publiseer.

“Dit gee mense ’n kans om dit wat hulle geskyf het in oënskou te neem en dit te verwyder,” lui die verklaring.

Tydens toetse wat gedoen is, het die ontwikkelaars gevind dat mense inderdaad geneig is om negatiewe inskrywings met iets minder skadelik te vervang as hulle vir ’n oomblik terugsit en dit heroorweeg.

Die tweede funksie, wat binnekort beskikbaar gaan wees, is dat mense wat geboelie word hul boelies kan “inperk”. Dit beteken net die persoon wat iets skadelik kwytraak, kan die inskrywing sien. Die persoon aan wie die kommentaar of boodskap gerig is, kan kies of hy of sy wil hê ander mense moet dit sien deur dit goed te keur.

Mense wat so ingeperk word, gaan nie kan sien wanneer die persoon wat hom inperk, aktief op Instagram is nie, en ook nie of die skadelike, direkte boodskappe deur die persoon waarop dit gerig is, gelees is nie.

“Ons het van jong mense gehoor dat hulle huiwerig is om mense te blok of nie meer te volg nie of selfs te rapporteer, omdat dit die situasie kan vererger, veral as hulle in die regte lewe met die boelie te doen kry,” lui die verklaring.

Meer oor:  Instagram  |  Tegnologie  |  Internet  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.