Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kyk! Dié nuwe Nokia het 5 kameralense
’n Steelfoto wat glo die nuwe Nokia 9 met sy vyf kameralense wys. Foto: ITHome/Twitter

’n Steelfoto van die nuwe Nokia 9 het aanlyn opgeduik en wys dié foon gaan glo nie een nie, maar vyf kameralense hê.

Die Chinese tegnonuusblad ITHome het die foto bekom wat na bewering die agterkant van die Nokia 9 wys, kompleet met vyf kameralense in ’n sirkel gerangskik saam met ’n flitslig.

Die Duitse vervaardiger van kameralense, Carl Zeiss, se kenteken verskyn ook op die rugkant van die foon. Dié maatskappy verskaf reeds jare lank kamerategnologie aan Nokia.

Die Finse selfoonvervaardiger het in April vir die eerste keer in jare drie nuwe slimfone bekend gestel, die Nokia 8 Sirocco, Nokia 7 Plus en Nokia 6.

Hy het ook bekend gemaak dat sy immergewilde “piesangfoon” eersdaags terugkeer.

HMD Global, wat deesdae Nokia se slimfone vervaardig en bemark, sal nie die eerste maatskappy wees wat ’n slimfoon met ’n klomp kameralense vervaardig nie.

Huawei se P20 Pro, wat vroeër vanjaar uitgereik is, het drie kameralense; die meeste moderne slimfone het minstens twee (buiten die selfiekamera).

In Junie het gerugte ook opgeduik dat LG se volgende vlagskipfoon, die V40, vyf kameralense gaan hê, drie agter en twee voor.

Dit is nog nie bekend wanneer die Nokia 9 uitgereik gaan word nie.

Meer oor:  Hmd Global  |  Nokia  |  Kamerategnologie  |  Tegnologie  |  Slimfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.