Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Disney swaai amptelik sy ligsabel

Dit was toe nie net gerugte nie. Disney het Dinsdag sy werkende Star Wars-ligsabel uitgehaal en in ’n video vertoon.

Dit kom kort nadat die patent vir Disney se ligsabel onlangs bekend geword het.

LEES OOK: Mag die ‘force’ en ligsabels met ons wees!

Die video is kort, maar dit wys ’n karakter, wat amper lyk soos Rey wat in die flieks deur Daisy Ridley vertolk word, wat ’n ligsabel uithaal terwyl dit oopgaan.

Volgens The Verge is dit alles deel van Disney se bekendstelling van sy komende hotel-ervaring, Star Wars: Galactic Starcruiser in 2022.

Dit sal die begin van Disney se nuwe temapark, Galaxy’s Edge, wees.

Die park sal ook na ’n gewilde Westworld-agtige interaktiewe Star Wars-avontuur van twee nagte uitgebrei word.

Disney het gesê die nuwe sabels word nog deur Walt Disney Imagineering Research and Development vervaardig. Dit sal waarskynlik gereed wees om te koop wanneer die Galactic Starcruiser-hotel-ervaring begin.

Daar is natuurlik nog geen woord oor die prys nie, maar gegewe die feit dat Disney se “gewone” ligsabel al $200 (sowat R2 882) stuk in Galaxy’s Edge kos, sal die opgegradeerde modelle waarskynlik meer kos.

Disney het natuurlik ook ander nuwe parke en projekte wat met die uitbreking van die Covid-19-pandemie tot stilstand gedwing is.

Die Avengers-kampus maak binnekort in Disney’s California Adventure Park in Anaheim, Kalifornië, oop.

Volgens Disney sal die park op 4 Junie open. Die opening is ’n jaar lank weens die pandemie vertraag.

Meer oor:  Disney  |  Flieks  |  Temaparke  |  Star Wars  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.