Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Fiasko met elektriese bakkie kos Musk $768 m.

Die fiasko met die bekendstelling van Tesla se nuwe elektriese bakkie het Elon Musk ’n enorme $768 miljoen in een dag gekos.

Luidens Forbes  het die aandeleprys van Tesla met 6% geval kort nadat ’n werknemer twee keer kort ná mekaar ’n ruit wat van “gepantserde glas” gemaak is, met ’n metaalbal kon breek.

Op die video van die bekendstelling kan duidelik gesien word dit verg nie eens veel inspanning van die persoon om die ruit te versplinter nie.

Hoewel Musk ná dié geleentheid nou bykans ’n driekwart-miljard dollar armer is, word sy waarde steeds op sowat $23,6 miljard bereken.

Die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur is luidens Forbes die 41ste rykste persoon in die wêreld.

Die hele fiasko het begin toe Musk op die bekendstelling van die bakkie gesê het: “Jy wil ’n bakkie hê wat regtig sterk is. Nie bedrieglik sterk nie.

“Jy wil ’n bakkie hê wat jy met ’n voorhamer kan slaan, een wat nie skrape of duike kry nie.”

Hy het toe een van Tesla se ontwerpers gevra om die metaalbal na die venster te gooi.

Toe die ruit versplinter, was Musk se eerste reaksie “O my *#$&”.

Hy het hom toe genooi om ’n ander ruit te probeer. Dié ruit het net soos die vorige een ook versplinter.

Die bal het wel nie deur die ruit gebars nie.

Musk se kommentaar was dat die ruite tydens die bekendstelling “om die een of ander eienaardige rede gebreek het”. Hy het toe gesê hy het geen idee waarom dit gebeur het nie.

Dit lyk egter nie of dié drama Musk van sy planne gaan laat afsien om wél die bakkie te vervaardig nie.

Bloomberg berig luidens ’n twiet deur Musk het die maatskappy nou – ’n week ná die bekendstelling – reeds 200 000 bestellings daarvoor ontvang.

– Saamgestel uit Forbes en Bloomberg

Meer oor:  Tesla  |  Elon Musk  |  Elektriese Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.