Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kyk hier na die bekendstelling van die nuwe iPhone

Die hoogtepunt op Apple se jaarlikse kalender vind Woensdag plaas met die bekendstelling van die nuwe iPhone. Of in vanjaar se geval, nuwe iPhones.

Die Amerikaanse tegnologiereus gaan na verwagting Woensdagaand (Suid-Afrikaanse tyd) drie nuwe iPhones, ’n nuwe Apple Watch en waarskynlik nog ander opgegradeerde katoeters bekend stel.

Die geleentheid begin om 19:00 (SA tyd) in die Steve Jobs-teater by Apple se hoofkantoor in Cupertino, Kalifornië.

Lees ook: Steelfoto’s wys glo goedkoper iPhone Xc

Oudergewoonte gaan Apple die bekendstelling regstreeks op sy webwerf, apple.com, uitsaai.

Die maatskappy sê die regstreekse uitsending sal “die beste vertoon” op sy eie produkte, insluitend Mac-rekenaars, iPhones of iPads, maar dat dit ook op Microsoft Edge, Chrome en Firefox sal werk.

Dit is vanjaar ook die eerste keer dat Apple die geleentheid regstreeks op Twitter uitsaai.

Meer oor:  Apple  |  Slimfoon  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Bekendstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.