Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Knip foto’s op jou foon uit met dié app

Die slimfoon is nie net goed vir ’n e-pos of twee stuur nie, maar nogal handig ook vir dié wat meer kunstig wil wees.

Dikwels wil jy miskien ’n item afneem, maar jy soek nie noodwendig die agtergrond nie.

Gewoonlik kan jy die foto sny, maar steeds sal jy nie die item op sy eie hê nie.

As jy enige manipulasie aan foto’s wil doen, sal dit beter werk as jy ’n rekenaar gebruik met ’n program soos Photoshop. Dis natuurlik ’n baie professionele program en sal jou die beste resultate gee.

Dis nogal ’n proses – jy moet die foto’s neem en dan weer na jou rekenaar stuur voordat jy daaraan kan begin werk.

Daar is nie altyd tyd om agter jou rekenaar te sit nie, maar wil jy graag steeds bietjie kunstig wees op jou foon. Dis waar die Clip Drop-app inkom om jou lewe te vergemaklik.

Clip Drop stel jou in staat om items uit te sny soos op Photoshop. Hou net in gedagte dat jou resultate natuurlik nie so goed sal wees as op ’n rekenaar nie, maar dis gewoonlik goed genoeg.

Met die app word al die ingewikkelde manipulasie self gedoen en sny dit jou item in sekondes van die agtergrond. Jy kan dan die foto stoor of selfs aanstuur en gebruik op enige van jou sosiale media.

Jy kan ook baie kreatief raak en jou eie agtergrond ontwerp.

Clip Drop sit manipulasie in jou sak.

My vrou het my onlangs gevra om te help om met dié app van haar ouer klere van die hand te sit.

Sy het toe haar kledingstukke opgehang teen die kas se deur en met behulp van die app die kledingstuk uitgesny. Van daar het sy pryse aangeheg en op sosiale media versprei en verkoop.

Daar is nou bietjie minder klere in haar kas en ’n paar rand in die sak.

Hoe werk dit?

Clip Drop gebruik aangevulde werklikheid (augmented reality, AR).

Lees gerus threekit.com se verduideliking oor wat en hoe AR-tegnologie werk.

The Verge beskryf ook Clip Drop as van die beste praktiese gebruike van AR-tegnologie.

Wat doen jy?

Jy soek Clip Drop en laai dit af van die Play Store of die Apple Store.

Dit sal jou vra om met een van jou sosialemediarekeninge in te teken.

Daarna sal jy ’n skerm sien met hakies. Jy maak net seker die item wat jy wil afneem en laat uitsny, is binne die hakies. Jy kan die hakies groter en kleiner ook maak.

Jy neem doodeenvoudig jou foto, dan wag ’n paar sekondes en dan sal die app jou item uitsny wat hy dan stoor of onmiddellik op sosiale media deel.

Werk verder op rekenaar

Jy kan verder werk deur die foto’s na jou rekenaar te stuur en dan op Photoshop te verwerk.

Al wat jy doen, is om die webwerf clipdrop.co te besoek en dit op jou rekenaar te installeer. As jy ’n foto met die app geneem het, word dit direk na jou projek op Photoshop gestuur.

Gratis (vir ’n rukkie)

Die app is gratis om te installeer, maar sal nadat jy ’n aantal foto’s geneem het, moet betaal om dit verder te gebruik. Dit kos $39,99 of ongeveer R558 per jaar (R46,50 per maand). In vergelyking met Photoshop, wat $20 of ongeveer R279 per maand kos, is dit nie sleg nie.

Meer oor:  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  Fotografie  |  App Van Die Week  |  Slimfoon  |  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.