Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Mag die ‘force’ en ligsabels met ons wees!

Daar is ’n paar dinge wat uit die flieks kom waarvoor die meeste van ons nie sal nee sê nie. ’n Ligsabel uit Star Wars is definitief een van daai dinge.

Ons kan moontlik almal binnekort met ons eie ligsabels spog. Foto: Unsplash

Verbeel jou net hoe maklik gaan dit wees om hout te kap vir die braai. Of die volgende keer as ’n muur jou pla, dan haal jy net jou ligsabel uit en weg is die muur en nou het jy meer ruimte in die kombuis.

Ai, dis lekker om te droom . . . maar daar is iets aan die broei.

Volgens The Verge is Disney glo besig om aan ’n regte egte ligsabel te werk. Dit sal nie een wees wat skade kan aanrig nie, maar dit gaan lyk en werk soos die regte (wel, die fiktiewe) ding.

Daar is al ’n heel paar speelgoed gemaak van die bekende Jedi-wapen, maar die uitgelekte planne het heelwat meer om die lyf.

Josh D’Amaro, voorsitter van Disney Parks, het ’n aanbieding op 8 April beëindig deur ’n ligsabel uit te haal wat nes die regte ding gelyk en werk het. Niemand was egter vinnig genoeg om ’n foto of ’n video daarvan te neem nie.

Spekulasie het gegroei en iemand het baie gou uitgevind ’n patent vir ’n “swaardtoestel met ’n intrekbare, intern verligte lem” is geregistreer. Jy kan op Google Patents die prentjies en beskrywing bestudeer.

’n Tekening van Dinsey se 2018-patent. Foto: Disney

Die virtuele-realiteit-ontwikkelaar Ben Ridout het Disney se gepatenteerde konsep briljant met ’n stel eenvoudige prente uitgebeeld wat hy op Twitter gepubliseer het.

Wat was Disney se inspirasie? Een van daardie maatbande wat intrek as jy dit laat los, die soort ding wat in enige mens se gereedskapskissie lê.

Volgens die patent bestaan die ligsabel se “lem” uit twee spoele deurskynende materiaal wat plat lê as dit volledig opgerol of ingetrek is, soos ’n maatband. Wanneer elke lint aan die einde uitgeskiet word, buig dit in ’n halfsirkel wat elkeen die helfte van die lem vorm.

Hulle is permanent gemonteer langs ’n string buigsame LED-ligte wat op ’n derde gemotoriseerde spoel binne die raam van die ligsabel gemonteer is. Die twee helftes van die lem word deur ’n “lemvorm” aanmekaar gerits wanneer hulle uitskiet om een enkele ding te vorm.

Daar is selfs ’n groot gemeenskap van aanhangers wat hul eie ligsabel bou, volgens The Verge. En ja, hulle geniet dit om op YouTube daaroor te spog.

  

Wat van ’n sweefplank?

Ligsabels is nie die enigste ding wat uit die flieks kom wat mense al probeer maak het nie.

Back to the Future se “hoverboard” is ook een van die tegnologiese wonders waaroor ons droom, maar wat nog nie regtig iets geword het wat ons kan gebruik nie.

Sover het die motorvervaardiger Lexus die naaste daaraan gekom, maar die sweefplank kon net gebruik word in ’n park wat spesiaal daarvoor gebou was. Die plank moes elke nou en dan met vloeibare stikstof hervul word.

Hier is Lexus se oorspronklike advertensie daaroor: 

Dit lyk natuurlik wonderlik in die advertensie, maar The Verge se span skiet gate in die plan in dié YouTube-video:


Meer oor:  Sweefplank  |  Back To The Future  |  Flieks  |  Hoverboard  |  Star Wars  |  Ligsabel  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.