Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Met dié app kan jy jou ou foto’s afstof

Wil jy dalk jou kinders wys hoe Oupa se Peugeot 404 gelyk het, maar dis op ’n ou 35 mm-negatief? Dis geen probleem nie.

Jy kan die film natuurlik laat ontwikkel, maar wie’t nou tyd, lus of geld daarvoor?

Met die koms van slimfone en veral die verskeie opsies met digitale kameras is daar nie deesdae baie nut om foto’s op 35 mm-film te neem nie.

Daar is wel mense wat steeds hou van die proses om met ’n oorspronklike kamera te werk en dan die film in ’n donkerkamer te ontwikkel.

Vir my is dit soortgelyk aan mense wat aan ou motors werk. Jy hoef nie, want daar staan tien teen een ’n moderne motor in jou motorhuis, maar jy hou van peuter aan die ou motor.

Kodak Mobile Film Scanner

Die Kodak-app kan help om lewe in jou ou foto’s te blaas. Foto: Kodak

Vir diegene wat ou negatiewe het maar nie lus is vir die lang en duur proses om films te ontwikkel nie, is daar ’n app. Die Kodak Film Scanner is in die Google Play Store en Apple Store beskikbaar. Die app is gratis.

Jy kan dit gebruik om jou ou film in digitale foto’s te verander. Dan kan die hele familie, ook die ouens in Kanada of Perth, die foto’s geniet.

Wat het jy nodig?

Benewens die app het jy óf ’n tweede slimfoon óf ’n tablet nodig om lig te verskaf.

Hoe werk dit?

Gebruik die tweede slimfoon en neem ’n foto van ’n wit agtergrond, miskien ’n skoon wit bladsy – solank jy net goeie wit lig het, sal dit werk.

Plaas die negatiewe op ’n wit oppervlak. Foto: Werner Wippenaar

Daardie foto van die wit papier is die agtergrond vir die negatief. (Onthou om jou foon se stellings te verander dat die foon se skerm nie verdonker ná ’n paar sekondes nie.)

Jy plaas dan doodeenvoudig die negatiewe plat op die slimfoon en dan maak jy die app op die ander foon oop.

Dit sal jou drie opsies gee:

  • Kleurnegatief;
  • Kleurpositief; of
  • Swart-wit-negatief.

Kies die opsie wat ooreenstem met die negatief waarmee jy werk.

Maak seker jou foon is goed gefokus op die negatief en dan neem jy net ’n foto daarvan.

As jy sukkel om te fokus, kan jy ook die negatief met rekkies aan die foon of tablet vassit en dit regop teen boeke laat staan.

Dit sal jou in staat stel om jou ander foon, die een waarmee jy die foto neem, ook plat op die tafel neer te sit. Dan beweeg jy net jou foon vorentoe en agtertoe.

Dit sal jou help om jou foon stiller te hou terwyl jy probeer fokus.

Nadat die foto geneem is

Jy sal die foto in die app kan sny en aanpas soos jy dit wil hê om dit mooi te laat lyk. Jy sal ook ’n paar ander klein aanpassings kan maak.

Hou in gedagte

Die proses kan baie meer ingewikkeld wees as jy dit so wil hê. Dit sal ook net help om beter resultate te lewer.

Wat ek bedoel, is: Jy kan selfs jou foon, tablet of ’n enige ander sagte wit lig in ’n boks plaas en dit met ’n stuk glas (dalk van ’n fotoraam) toemaak. Jy kan dan die negatief daarop plaas.

Onthou, hoe platter die negatief, hoe beter.

Dit help ook as die lig direk van onder kom en daar nie enige ander lig is nie.

Dan kan jy selfs ’n bietjie meer tyd spandeer en die volgende boks bou soos dié kêrel gemaak het:


Vir dié wat meer redigeringsopsies verlang

Daar is ook ander opsies behalwe Kodak se app wat jou meer redigeringsopsies bied.

Die meer ervare fotograwe sal moontlik ’n app soos Snapseed of selfs Lightroom kan gebruik. In die apps sal jy met die rooi, groen en blou kleurskemas van die foto’s kan speel om jou die perfekte foto te gee.

Meer oor:  Kodak  |  Tegnologie  |  Foto's  |  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  Film  |  App Van Die Week
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.