Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Gee maklik raad, al is jy ver, met dié app

As jy nog nie oor die foon aanwysings aan jou ouers of ander familielede moes gee nie, is jy taamlik uniek.

Deesdae het alles mos ’n rits instruksies, al is dit net ’n broodrooster.

Ons het ook net soveel meer toestelle en katoetertjies in ons huise dat daar gereeld kers opgesteek moet word oor hoe iets werk. Of wat om te doen as dit nié werk nie.

Ons was tog al almal daar – miskien weet jou pa nie hoe werk die nuwe speelding wat jy vir hom gekoop het nie, of jou ma sukkel met die een of ander app op haar foon.

Soos die keer toe ek vir my pa ’n Bluetooth Soundbar aangeskaf het. Ek het dit opgestel en natuurlik het dit perfek gewerk. Ek het aan my pa verduidelik hoe alles werk.

So ’n week of wat later kry ek die oproep: “Dit werk nie meer nie, hoe nou?”

En dis waar die pret begin. Jy probeer oor die foon uitvind wat fout is en waar die fout is en probeer weer verduidelik waar om te kyk en wat om te druk terwyl jy nie seker is wat jou pa voor hom sien nie.

Dis ’n groot frustrasie vir albei partye. Soms kry jy die probleem opgelos, maar dis gewoonlik ’n gesukkel.

En dis waar die App van die Week, LifeAR, inkom.

Dit gebruik aangevulde (AR) of virtuele realiteit (VR) waarmee dié soort oproepe heelwat gladder sal verloop.

Albei partye moet die app op hul foon hê. As die ander persoon dit nie het nie en jy het dit reeds geïnstalleer, kan jy net die skakel vir die ander persoon aanstuur sodat hy dit ook installeer.

Dit werk so

Die app werk soos ’n video-oproep, soortgelyk aan WhatsApp se video-oproep.

Die LifeAR-app sal jou en jou familie baie frustrasie spaar. Foto: LifeAR

Jy kan nou die ander persoon met behulp van virtuele pyltjies, teks, emoji’s en jou eie geteken help sodat hulle verstaan waarna jy verwys.

Met pyltjies en/of teks kan jy presies en intyds wys waar gedruk of gekyk moet word. Of jy kan doodeenvoudig op die skerm teken met jou vinger. En jy kan alles vinnig uitvee as jy iets van voor af moet verduidelik.

In plaas van ’n video-oproep kan jy ook foto’s neem, die aanwysings daarop aanbring en dit aanstuur. Maar met ’n video-oproep sal dit net soveel vinniger en beter werk vir albei partye.

Hou net in gedagte dat sommige slimfone nie die AR-tegnologie kan gebruik nie.

Die app is gratis en kan van Google se Play Store en Apple se App Store afgelaai word.

Meer oor:  Ar  |  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  App Van Die Week
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.