Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Musk neem 1ste stap tot wêreldwye internet

SpaceX, die lugvaartmaatskappy van die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur Elon Musk, het die eerste aflewering van 60 klein satelliete Donderdag die lugruim ingestuur.

Die satelliete vorm deel van Musk se nuwe Starlink-internetdiens waarmee hy hoëspoedinternet vanuit die ruimte aan mense wil verskaf.

Een van SpaceX se Falcon 9-vuurpyle het Donderdagoggend met die satelliete aan boord vanaf Cape Canaveral in die Amerikaanse deelstaat Florida na die ruimte vertrek.

Musk en SpaceX hoop die uitbreiding na internetdienste kan ’n belangrike alternatiewe inkomstestroom vir die sukkelende maatskappy word.

Donderdag se lansering volg ná twee mislukte pogings die afgelope paar weke. Die eerste poging is gekanselleer weens gure weer en die tweede poging weens tegniese probleme met die vuurpyl se programmatuur.

Die satelliete is soos beplan in die aarde se wentelbaan losgelaat sowat ’n uur nadat die vuurpyl vanaf Cape Canaveral opgestyg het.

Die Falcon 9 het daarna na die aarde teruggekeer en suksesvol op ’n vragskip in die Atlantiese Oseaan geland.

SpaceX het aangedui dit sal ’n dag of twee neem om te bepaal of die satelliete suksesvol ontplooi is. Elke satelliet weeg sowat 227 kg.

Donderdag se lansering is die eerste stap in SpaceX se plan om hoëspoedinternet vanuit die ruimte aan klante op die aarde te bied.

Musk hoop dat inkomste wat só gegeneer word, SpaceX se ander ambisieuse projekte, soos ’n reis na Mars, sal kan befonds. - Reuters, verkort

Meer oor:  Spacex  |  Elon Musk  |  Tegnologie  |  Ruimte  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.