Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Net 1 wagwoord nodig danksy LastPass

Wagwoorde is vandag amper soos telefoonnommers in die verlede – ons moes dit onthou of neerskryf.

Ek is seker baie mense het reeds ’n kopseer van al die wagwoorde wat hulle deesdae moet onthou om van die simpelste take te kan doen.

Die probleem is omdat ons so baie wagwoorde het, raak mense lui en gebruik dieselfde wagwoorde vir alles. Dis gevaarlik.

Benewens die wagwoorde vir dinge soos jou sosialemedia-rekeninge, is daar wagwoorde vir bankdienste en belangrike apps.

Die probleem is dat ons deesdae op ons sosialemedia-apps ook inkopies kan doen en daarom raak selfs daardie wagwoorde vreeslik belangrik om geheim te hou.

Gelukkig is daar ’n manier om jou 110 wagwoorde ’n ding van die verlede te maak deur ’n wagwoordbestuurder te kry.

Soos jy jou telefoonnommers op ’n sentrale plek gestoor het, gaan jy nou dieselfde doen met jou wagwoorde. ’n Wagwoordbestuurder vat basies al jou wagwoorde en sit dit op een plek. Dan hoef jy net een wagwoord, die meesterwagwoord, te onthou om toegang te kry tot al jou verskillende apps.

Een wagwoord?

Daar sal moontlik bekommernisse opduik, byvoorbeeld wat gebeur as jy jou een wagwoord vergeet? Dis waarom baie kenners aanbeveel dat mense hul wagwoord moontlik langer maak.

Verander byvoorbeeld jou wagwoord in ’n frase in plaas van een woord met spesiale karakters.

Maak jou wagwoord langer of maak dit iets heeltemal lukraaks, byvoorbeeld: “Max die hond slaap lekker op die trampolien in ’n Batman-uitrusting” – iets wat jy nie maklik sal vergeet nie. Jy kan ook jou gunsteling-aanhaling uit ’n fliek, boek of liriek gebruik.

Onthou ook dat al jou verskillende apps steeds hul eie wagwoorde sal hê – jy hoef dit net nie meer te onthou nie.

Maak gebruik van veelfaktor-verifikasie. ’n Voorbeeld hiervan is wanneer jy ’n kode op jou foon ontvang voordat jy toegang tot ’n rekening kan kry.

Kyk gerus hoe The Verge verduidelik hoe om ’n wagwoordbestuurder te gebruik.

Stap 1 is om ’n wagwoordbestuurder te kry en dis waar die LastPass-app op die Goole Play Store of Apple Store jou kan red.

Hoekom LastPass?

Jy kan LastPass gratis op al jou toestelle gebruik, insluitend telefone, tablette en persoonlike rekenaars.

Jy kan gebruikersname en wagwoorde stoor vir al jou aanlyn rekeninge, alles veilig in die LastPass-kluis.

Vir Android- en OS-bedryfstelsels sal LastPass gebruikersname en wagwoorde outomaties in sy kluis stoor elke keer as jy ’n nuwe webwerf of app besoek.

Wagwoorde sal outomaties vir jou ingevul word wanneer jy dan webwerwe en programme besoek, sodat jy dit nooit weer hoef te onthou nie.

Met gratis sinchronisering is alles wat jy op een toestel stoor, onmiddellik op alle ander toestelle beskikbaar.

Een wagwoord vir al jou wagwoorde. Foto: LastPass

Stoor inligting soos kredietkaartnommers en mediesefondskaarte veilig in die geënkripteerde kluis.

Jy kan ook met jou vingerafdruk aanmeld vir eenvoudige, veilige toegang tot alles in LastPass.

Deel wagwoorde veilig en gemaklik met ander, soos jou WiFi-wagwoord.

Skep veilige wagwoorde met een klik met die ingeboude wagwoord-genereerder.

Veelfaktor-verifikasie gee jou ’n tweede vlak van beskerming vir jou aanlyn rekeninge.

LastPass het nooit die sleutel tot jou geënkripteerde data nie, dus is al jou inligting net vir jou beskikbaar. Jou kluis is geënkripteer met AES 256-bis-kodering op bankvlak.

Kry meer met LastPass Premium

Die app is gratis, maar die betaalde weergawe bied jou baie meer. Dit sluit in:

  • Onbeperkte deel van wagwoorde, items en notas;
  • 1 GB- geënkripteerde stoorplek;
  • Premium-veelfaktor-verifikasie soos YubiKey;
  • Vinnige tegniese ondersteuning; en
  • Verifiëring van rekenaarvingerafdrukke.

So hoe werk LastPass?

Nadat jy dit afgelaai het op jou foon of rekenaar, sal jy jou LastPass-rekening skep.

Dis eintlik gemakliker as jy dit op ’n rekenaar begin doen, maar jy kan dit ook op jou foon begin.

As jy jou rekening skep, sal LastPass jou vra om jou Master Password te skep. Dit gaan dan die een wagwoord wees wat jy sal moet onthou.

Nadat jou rekening geskep is, sal LastPass vra om die webblaaier-app te installeer op die blaaier wat jy gebruik.

Dit sal eintlik toelaat dat LastPass sy ding kan doen.

Soos jy dan webwerwe besoek, kan jy een vir een jou wagwoorde stoor deur na die app in die regterhoek van die webblaaier te gaan en die opsie Passwords te kies.

Jy vul dan die webwerf se spesifieke gebruikersnaam en wagwoord in en stoor dit.

Jy doen dit vir alles wat jy graag in jou LastPass-kluis wil stoor.

As jy steeds twyfel, kyk Vox se video oor waarom ons liewer wagwoordbestuurders moet gebruik.


Meer oor:  Lastpass  |  App Van Die Week  |  Tegnologie  |  Foto's  |  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  Film
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.