Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Ons speel model en ‘toets’ lipstiffie virtueel

Vir byna ’n jaar het baie van ons min of geen grimering gedra nie – net as daar die dag ’n belangrike Zoom- of Teams-vergadering was!

grimeer, skoonheid
Mense koop nou meer grimering aanlyn, maar hoe toets mens dit op jou vel? Foto: Unsplash

Selfs ná die geleidelike terugkeer kantoor toe, is daar maskers om mee rekening te hou – dis ’n irritasie as onderlaag of lipstiffie op die masker afsmeer.

Eendag op ’n reëndag voel ’n mens egter selfs te midde van ’n pandemie lus om jou voorkoms op te kikker met ’n nuwe lipstiffie.

Maar hoe koop ’n mens onderlaag of lipstiffie sonder dat jy die kleur daarvan op jou vel kan toets? Dis weliswaar ’n soort #1stworldproblem – nou nie die einde van die wêreld nie – maar ook: #thestruggleisreal.

Woolworths het pas twee virtuele skoonheidservarings bekend gestel wat dalk die antwoord bied.

Virtual Try On stel jou in staat om lipstiffies, oogskadu en maskara virtueel op jou eie gesig te toets. Die funksie gebruik aangevulde werklikheid (augmented reality, AR), wat beteken dat jy ’n perfekte aanduiding het van hoe ’n produk op jou vel sal lyk.

Virtual Try On is vir eers net op Woolworths se webwerf (ook op jou foon) beskikbaar en gaan mettertyd in winkels kom, met behulp van interaktiewe skerms.

Die tweede funksie wat Woolies bekend stel, is virtuele skoonheidskonsultasies, Virtual Consultations. Dit is persoonlike sessies met verteenwoordigers van Estée Lauder of Clarins waartydens mense persoonlike velsorgraad, wenke met die aanwending van grimering en aanbevelings vir produkte kry – soos met werklike konsultasies wat by die skoonheidstoonbanke van afdelingswinkels gedoen word. (Of gedoen is, voordat Covid-19 aanraking taboe gemaak het.)

Woolworths verkoop meer as 80 skoonheidshandelsname, insluitend Chanel, Clinique, Clarins, Bobbi Brown, Tom Ford, Smashbox en sy eie etiket, WBeauty. Aanlyn verkope van skoonheidsprodukte het met meer as 100% gegroei, volgens Liz Hillock, hoof van aanlyn en mobiele dienste by Woolworths.

Hoe gebruik jy Virtual Try On?

  • Gaan na Woolworths se webwerf (op jou foon of op jou rekenaar), www.woolworths.co.za.
  • Kies Beauty.
  • Klik op Virtual Services en kies Virtual Try On.
  • By produkte waarin jy belang stel, klik op Try It On.
  • Jy sal dan gevra word om jou kamera aan te sit of ’n foto op te laai. Dan kan jy met ’n vinnige klik die produk uittoets. Jy het ook die opsie om net een kant van jou lippe of gesig te “grimeer” sodat jy dit met jou natuurlike voorkoms kan vergelyk.

Werk dit? 

’n Vinnige speelsessie was maklik en redelik effektief. Oordeel self aan die foto’s! Ek speel self “model”.

Au naturel? Wel, met ’n bietjie onderlaag, darem.
Ek dink almal sal saamstem dis nie die lipstiffie vir my nie.
Dis beter, of hoe?
Jy kan die skerm verdeel om te sien hoe jy lyk met én sonder die grimering wat jy toets.
Om oogomlyner te toets is minder effektief, behalwe as jy ’n helder kleur soos dié toets. En nee, ek reken nie ek gaan dié een koop nie!
Weer kan jy net een kant van jou gesig 'grimeer' om te vergelyk.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.