Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: R780 000 vir ’n Apple-rekenaar!

As jy sowat R780 000 het wat rondlê, sal Apple se jongste – en duurste – Mac Pro dalk net in jou smaak val.

Dié splinternuwe masjien kos behoorlik ’n plaas se prys, maar spog met Apple se mees gevorderde funksionaliteit tot dusver.

Ongelukkig sal R780 000 nog nie jou invoerbelasting dek nie, en jy kry boonop nie eens ’n rekenaarskerm daarby nie.

Darem is jou muis, sleutelbord en ’n kragkabel ingesluit by die prys.

Apple

The Verge verduidelik waarom dié nuwe Mac Pro so duur is:

  • Basisprys: Die basisprys van die Mac Pro begin by $5 999 (sowat R88 500). Daarvoor ontvang jy ’n rekenaarboks en “basiese” hardeware, insluitend 32 gigagrepe geheue en 256 gigagrepe se stoorplek.
  • Verwerker: ’n Sentrale verwerker met 28 kerns en turbo-versterker van tot 4,4 GHz kos ’n bykomende $7 000 (sowat R103 350).
  • Geheue (RAM): 1,5 teragreep geheue kos ’n bykomende $25 000 (sowat R369 100).
  • Stoorplek: Soliede hardeskywe van 4 teragreep teen ’n bykomende prys van $1 400 (sowat R20 670).
  • Grafikakaarte: Twee AMD Radeon Pro Vega II Duo-grafikakaarte teen ’n bykomende prys van $10 800 (sowat R159 450).
  • Versneller: ’n Bykomende Afterburner-versnellerkaart teen $2 000 (sowat R29 500).
  • Wieletjies vir die rekenaar: $400 (sowat R5 900).

Dit bring die totale koste vir die toestel op sowat R776 540 te staan.

Die skerms wat Apple aanbeveel, kos tussen $4 999 (R73 800) en $5 999 (R88 600) elk, en jy sal waarskynlik twee of meer benodig.

Jy sal dan ook ’n staander vir elke skerm moet aanskaf teen $999 (R14 750) stuk.

Dit bring die totale prys vir die rekenaar en skerms op net ’n klein bietjie minder as R1 miljoen te staan.

Apple se vorige “duurste” rekenaar, die iMac Pro, se prys was op sy duurste met al die bykomende tierlantyntjies $14 299 (sowat R211 100).

Die peperduur Mac Pro is tans op voorafbestelling beskikbaar. Dit word ook op Apple se Suid-Afrikaanse webblad gelys, waar daar aangedui word dit is “later vanjaar” beskikbaar.

Meer oor:  Apple  |  Tegnologie  |  Rekenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.