Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Samsung wys sy nuwe, voubare foon

Samsung het tydens Sondagaand se Oscars-geleentheid in ’n TV-advertensie die eerste voorskou van sy nuwe vierkantige voubare slimfoon gegee, enkele dae voor die amptelike bekendstelling daarvan.

Die advertensie is net op Amerikaanse televisie uitgesaai, maar is sedertdien op sosiale media gedeel.

Die Galaxy Z Flip is Samsung se tweede voubare foon en volg in die voetspore van 2019 se Galaxy Fold.

Samsung hou Dinsdag in San Francisco ’n swierige bekendstellingsgeleentheid vir verskeie van sy nuwe slimfone.

Die Suid-Afrikaanse media sal die verrigtinge vanaf Hyde Park in Johannesburg volg.

Sondagaand se TV-advertensie was die eerste blik wat Samsung op sy nuwe voubare foon gegee het.

Dit word na verwagting ook Dinsdag amptelik bekend gestel saam met die nuwe Galaxy S20 (en variante daarvan).

In die kort advertensie kan gesien word hoe die slimfoon soos ’n boek oop- en toevou. Op die oog af lyk dit aansienlik kleiner as die Galaxy Fold, ’n bonkige toestel so groot soos twee gewone slimfone wat bo-op mekaar vou.

Die Galaxy Z vou in ’n perfekte vierkant op. Aan die buitekant is net ’n piepklein skermpie wat kennisgewings aan die gebruikers wys.

Die prys van die Galaxy Z is nog nie bekend nie. Die Galaxy Fold het meer as R40 000 plaaslik gekos, maar die verwagting is dat die Galaxy Z nie hierdie hemelhoë prys sal hê nie.

“Die nuwe voubare foon gaan Samsung help om beter met Apple se duurder fone mee te ding,” het Tom Kang, ontleder by Counterpoint, aan Reuters gesê.

Samsung is tans die markleier met voubare slimfone. Verskeie ander vervaardigers het al aangekondig hulle beplan soortgelyke toestelle, maar Samsung was eerste uit die blokke met die Galaxy Fold.

Die bekendstelling van die Fold was wel nie sonder etlike terugslae nie. Dit is met maande vertraag nadat die skerm sommerso gebreek het en Samsung die fout inderhaas moes regstel.


Meer oor:  Samsung  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.