Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Slimfoon vir swaksiendes bekend gestel

Tegnologie kan ’n mens se lewe verbeter, maar nie almal vind dit ewe toeganklik nie.

Vodacom het met dit in gedagte die Nokia 2720 in Suid-Afrika bekend gestel as ’n slimfoon wat ontwerp is om ouer mense, mense met gestremdhede en diegene wat ander kommunikasiehindernisse ervaar, groter toegang tot tegnologie te bied.

Die foon reageer op die gebruiker se stemopdragte. Foto: Vodacom

“Deur ons portefeulje met Nokia uit te brei, bied ons nou ’n toestel wat toegerus is met funksies wat voldoen aan die spesifieke kommunikasiebehoeftes van bejaardes of mense met gestremdhede,” sê Karen Smit, hoofspesialis vir spesifieke behoeftes van Vodacom.

Die 4G-geaktiveerde slimfoon is die eerste in sy soort.

Dit foon is duursaam met nuttige funksies, soos groot knoppies en lettertipes vir eenvoud en gebruiksgemak.

Dit het ’n batterylewe van 30 dae en tot 11 uur gesprekstyd.

Daarbenewens word WhatsApp- en Facebook-programme vooraf geïnstalleer, sowel as spraakprogramme deur Google Assistent, wat gebruikers in staat stel om oproepe te maak, vrae te vra en rigtingaanwysings deur die Google Maps-app te kry slegs met behulp van hul stem.

Die foon spog ook met ’n noodknoppie.

In ’n noodgeval is daar ’n ingeboude knoppie wat ’n SMS met liggingsbesonderhede na vyf kontakte kan stuur wat vooraf deur die verbruiker bepaal word.

Kritieke mediese inligting en noodkontakte word ook opgeberg.

Verbruikers kan ook inteken op Vodacom se Hero Assist en Medical Assist, wat hulle toegang gee tot dienste soos padbystand, sekuriteit in die geval van ’n huisbraak en hulp met mediese noodgevalle.

Daarbenewens het Vodacom die skakel Nooddienste ingesluit onder die opsie veiligheid en sekuriteit wat onder die Vodacom ConnectU-nulportaal val, om klante gemaklike toegang tot inligting te gee sonder dat hulle hulle oor datakoste hoef te bekommer.

Kry meer inligting op connectu.vodacom.co.za – dis gratis met ’n Vodacom-SIM-kaart.

Die Nokia 2720 is uitsluitlik beskikbaar by Vodacom, teen R1 549. Dit is ook op kontrak beskikbaar.

Vir meer inligting besoek https://www.vodacom.co.za/vodacom/services/specific-needs.

Meer oor:  Vodacom  |  Slimfone  |  Nokia  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.