Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: So google jy sonder Google op Huawei

Presies hoe is dit om met ’n nuwe Huawei-foon te werk sonder Google se mobiele dienste (GMS)?

Ek het onlangs Huawei se nuutste foon, die Huawei Mate40 Pro, in die hande gekry en ’n bietjie daarmee begin speel.

Netwerk24 het voorheen oor die Mate40 Pro se spesifikasies geskryf en weer eens kan ons sê dit is ’n wonderlike foon.

LEES OOK: Huawei se perfekte foon – net jammer oor Google?

Ongelukkig is baie mense afgeskrik deur die feit dat al Huawei se nuwe fone nie meer GMS het nie weens die Amerikaanse boikot op Huawei wat oudpres. Donald Trump ingestel het.

Maar wat beteken dit regtig?

Ja, jy sal nie meer iets kan google nie. Maar jy sal steeds ’n soekenjin kan gebruik om dinge op die internet op te soek.

Die skerm draai amper op die kante van die foon. Foto: Werner Wippenaar

Jy sal steeds YouTube kan kyk – jy gaan net nie meer outomaties op ’n skakel op jou foon kan klik nie.

Die groot verskil is die foon kom nie meer met die gewone Google-apps soos Play Store, Gmail, Photos, Chrome, Maps gelaai nie.

Jy kan egter steeds Google-dienste soos YouTube gebruik – dis so eenvoudig soos YouTube opsoek en in te teken. Dan kyk jy YouTube soos gewoonlik.

Dieselfde geld Gmail: In plaas van die app oopmaak, teken jy in soos jy gewoonlik sou doen op jou rekenaar by die huis.

As gevolg van die VSA se handelsverbod op Huawei, deel van die handelsoorlog met China, het Huawei in plaas van GMS sy eie diens, Huawei Mobile Service, ontwikkel wat help om die opsoek en gebruik van al jou gunsteling-apps te vergemaklik.

Ek het byvoorbeeld Instagram opgesoek deur HMS se Petal-webblaaier te gebruik. Dit het my dieselfde tyd geneem as om die Google Play Store te gebruik. Binne oomblikke laai jy die app waarna jy gesoek het se Android-toepassingspakket (APK) af en dan installeer jy dit.

Wat is ’n APK?

Die APK is net ’n tipe lêerformaat wat deur die Android-bedryfstelsel gebruik word vir die verspreiding en installering van mobiele programme.

Jy kry ’n 66 watt-aansluitprop en oorfone in die boks. Foto: Werner Wippenaar

Dis dus ’n manier om die app te bekom wat jy soek sonder die Play Store as tussenganger.

Dis regtig so maklik en ek het dit gedoen met Facebook, WhatsApp en Twitter.

Die grootste nadeel hiervan is dat hulle nie outomaties bywerkings doen nie, dus sal jy moet seker maak dat jy jou app-weergawe gereeld op datum is.

Is dit veilig?

Ja, dis net so veilig as om dit deur die Play Store af te laai. Die foon doen self ’n ondersoek om te kyk of daar enige probleme met die APK is.

Die Huawei Mat40 Pro 5G. Foto: Werner Wippenaar

Dis nou selfs nog makliker, want volgens GSMarena het Huawei en een van sy vennote ’n nuwe instrument ontwikkel wat ontwikkelaars in staat stel om GMS-programme vinnig en moeiteloos na hul AppGallery oor te dra.

Huawei AppGallery

Die Huawei AppGallery het dus die meeste van die apps wat jy sal nodig hê en daar word gewerk om nog baie ander by te voeg. Hulle werk selfs aan hul eie apps wat nes Google werk, soos hul eie weergawe van Maps.

Geen GMS

Ongelukkig lê die probleem vir iemand soos ek by die gemak van die hele situasie. My Gmail is die enigste persoonlike e-pos wat ek gebruik. Ek het foto’s wat in Google Photos sover as 2010 teruggaan en ek gebruik ook baie van ander Google se apps.

Die gevolgtrekking: Dis nie dat jy nie ’n nuwe Huawei-foon sal kan gebruik nie en ook nie dat jy nie toegang sal hê tot apps nie. Dis eintlik maar net ’n ander manier van dinge doen.

Meer oor die Mate40 Pro

Om meer oor die Huawei Mate40 Pro uit te vind, besoek gerus Huawei se webwerf of kyk na die volgende YouTuber, Mr Who’s The Boss, se resensie:

Meer oor:  Google  |  Huawei  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Apps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.