Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Só lyk die nuwe Xbox Series X

Microsoft het uiteindelik gewys hoe lyk sy splinternuwe speletjiekonsole wat eintlik eers aanstaande jaar rondom Kersfees beskikbaar gaan wees.

Die Xbox Series X word dieselfde tyd uitgereik as Microsoft se mededinger Sony se nuwe PlayStation 5.

Microsoft se nuwe konsole spog met ’n ongewone vorm, hoewel die afstandbeheer steeds herkenbaar is.

Dit is nog nie bekend wat die Series X gaan kos nie.

Microsoft het vroeër gesê sy nuwe Xbox gaan vier keer vinniger wees as die Xbox One X, sy nuutste model wat tans beskikbaar is.

Sony het nog nie meer besonderhede van sy PlayStation 5 bekend gemaak buiten die naam nie. Die PlayStation 4 skop reeds ’n geruime tyd stof in die oë van die Xbox One X en verkoop heelwat beter.

Microsoft hoop om die bordjies te verhang met die Series X.

“Die Xbox Series X kan dalk die kragtigste kontrole tot dusver wees,” sê Matthew Kanterman, ’n ontleder van Bloomberg Intelligence. - Bloomberg

Meer oor:  Xbox  |  Microsoft  |  Videospeletjies  |  Esports  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.