Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Só maak jy ’n digitale handtekening

Sedert ons die nuwe werkswyse begin het by ons huise as gevolg van die Covid-19-pandemie, was daar een ding wat my gepla het en dit is dokumente wat gedruk en geteken moet word.

Ek besit nie ’n drukker nie en was ook nie van plan om een aan te skaf nie. Ek wil niks onnodige papiere eintlik sien nie, want op daardie manier dink ek darem ek doen soort van ’n klein deel vir die omgewing.

Tog is daar plekke en ondernemings wat vereis dat jy dokumente moet druk, teken en selfs aflewer. Hulle sal dit maklik genoeg vir jou kan e-pos, maar dan sal hulle iets doms sê soos jy moet dit druk, teken en terugstuur. Dis daar wat ek net heeltemal wil opgee.

Dis duidelik dat dié soort ondernemings nog ver agter is en nog nie uitgevind het hoe om oor te slaan om met digitale dokumente te werk nie.

Nie te lank terug nie moes jy as jy bankstate wou hê, bank toe gaan of dit by ’n kitsbank gaan trek, want die dokumente moet natuurlik ook amptelik wees en die banke se stempel en ander relevante inligting bevat.

Ek is bly om te deel dat ek deesdae amptelike bankstate vanuit my huis kan kry, sonder om die bank te besoek. Dis nou net een voorbeeld van hoe dinge verander het as dit by digitale dokumente kom.

Iets wat ook meer gebeur, is dat ons met die dokumente op ons slimfone werk.

Daarom stel ek julle vandag aan Adobe se dokumente-app Adobe Fill & Sign: Easy PDF Doc & Form Filler bekend.

Met dié app sal jy enige dokumente gemaklik op jou foon kan invul. Die beste van alles is, jy sal dit kan teken met jou eie handtekening. Jy het nie ’n spesiale pen nodig nie.

Hoe begin jy?

Adobe se Fill and Sign-app laat jou toe om maklik dokumente te teken. Foto: Adobe

Laai natuurlik die app af op die Play Store of Apple Store. Dis gratis.

Nadat dit geïnstalleer is, maak jy dit oop. Jy sal die opsie kry om met Facebook, Google of ander rekeninge in te teken.

Veiligheid

Die inteken met een van jou sosialemediarekeninge verseker dat niemand anders jou handtekening kan gebruik nie, so moenie dié stap oorslaan nie.

Nadat dit gedoen is, is jy gereed om weg te spring.

Daar is ’n groot knoppie wat jou vra of jy ’n vorm wil invul. Dit sal jou drie keuses gegee om te begin:

  • Op ’n PDF;
  • Vanuit jou fotogalery; of
  • Deur ’n foto van die dokument te neem.

Daar is ook ’n voorbeelddokument wat goed is om net alles mee te toets.

As jy al voorheen ’n dokument op die rekenaar ingevul het, is daar niks regtig vreemds aan die proses nie. Jy klik op die spasie waar jy moet begin tik en dis dit!

Jy sal die grootte van die teks kan aanpas en dit kan rondskuif.

Dit sal jou ook toelaat om regmerkies of X-merke te maak in kassies wat daarvoor vra.

Jou handtekening

Om jou handtekening te maak, is net so maklik. Bo in die regterhoek sal vier opsies verskyn.

Jy kies die penknoppie.

Dit sal jou twee opsies gee: Create Signature en Create Initials.

  • Klik op Create Signature: Die werkarea op die foon sal dwars draai sodat jy jou handtekening kan maak. Jy kan dit met jou vinger maak of as jou foon ’n stilus kan gebruik, soos die Note 20 Ultra, sal dit selfs nog beter werk.
  • Klik op Create Initials: Weer draai die werkarea dwars en jy maak jou voorletters.

Die opsies sal jy kan berg en elke keer as jy ’n dokument invul wat vra vir jou handtekening of voorletters, kies jy net die toepaslike een en sit in die korrekte ruimte.

Daarna sal jy dokumente kan berg en e-pos.

Meer oor:  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  App Van Die Week  |  Adobe  |  Dokumente  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.