Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Só monitor jy jou internet se spoed

Vandag gebeur niks as jy nie ’n internetdiens het nie, maar dinge kan ook voel of dit vir ewig duur as jou internet stadig en onstabiel is.

Selfs met veselinternet kan dit gebeur dat netwerke stadiger is as dít waarvoor jy betaal.

Die waarheid is dat die meeste van ons se internetspoed nie altyd konstant is nie. Dit hang af van waar jy bly, die tyd van die dag en hoeveel internetverkeer daar is.

Daar is dus ’n hele paar dinge wat jou spoed beïnvloed, maar vandag soek mense al hoe meer na stabiele konneksies vir verskeie redes.

Jy werk dalk van die huis af en woon dus miskien vergaderings by oor programme soos Zoom en Microsoft Teams of luister na aanbiedings. Jy’s dalk ’n ywerige YouTuber of op Twitch, wat stroming baie belangrik maak, of jy kyk graag fliek op een van die baie stromingsdienste.

Wat ek dus doen, is om my internetdiens gereeld te monitor.

As spoedtoets gebruik ek Ookla se Speedtest.net.

Die lekker ding van die app is dat dit glad nie moeilik is om te gebruik nie.

As jy op ’n skootrekenaar werk, hoef jy nie eens die app af te laai nie – jy gaan doodeenvoudig na die webwerf en druk op die Go-knoppie.

Dit sal dan jou af- en oplaai-spoed toets, asook jou latensie (die sekondes waarin inligting oor die kuberruim beweeg).

Met Speedtest kan jy jou internetspoed dophou. Foto: Ookla

Die beste van alles is dat jy die toetsuitslae kan hou en met verloop van tyd sal jy ’n goeie idee hê van wanneer jou internet swak of goed gaan wees.

As dinge (soos vir ’n vriend van my) altyd swak is, terwyl hy betaal het vir 50 Mbps-lyn, het jy ook ’n goeie bewys om aan die internetdiensverskaffer te gee.

Die app stel jou ook in staat om 5G-konneksies te toets as dit beskikbaar is.

Die beste van alles is die app werk op elke platform en as jy die webwerf besoek, sal dit jou skakels gee na die verskillende platforms.

So jy kan die app aflaai van die Google Play Store of die Apple Store.

Die webwerf self bevat ook lekker informasie oor internetverbruik. Dit werk gereeld inligting oor die toplande se internetspoed by; Suid-Afrika is tans 53ste met ’n gemiddelde mobiele spoed van 46,45 Mbps en 86ste is met ’n gemiddelde breëbandspoed van 46,32 Mbps.

Die app is gratis. Daar is wel ’n betaalde weergawe wat alle advertensies wegneem en jou toegang gee tot ’n virtuele private netwerk.

Meer oor:  Internet  |  Data  |  Apps  |  Werner Se App Van Die Week  |  App Van Die Week  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.