Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Steelfoto’s wys Samsung se nuwe Galaxy S20

Enkele weke voordat Samsung sy nuwe Galaxy-foon bekend stel, het die eerste steelfoto’s daarvan aanlyn verskyn.

Samsung se jongste vlagskipfoon heet die Galaxy S20.

XDA-Developers het pas foto’s gepubliseer wat glo wys hoe die Galaxy S20 lyk wat eers aanstaande maand bekend gestel word

Die agterkant van die Samsung Galaxy S20 wys daar is vyf kameralense en ’n flits. Foto: XDA Developers
Die voorkant van die Samsung Galaxy S20 bevestig die foon se naam. Foto: XDA Developers

Die foto’s bevestig waaroor daar lank reeds bespiegel is; die nuwe Galaxy S-foon het ’n vyfledige kamerastelsel.

Die S20 se vyf kameralense is onder meer ’n ultra-wyehoeklens, ’n telefoto-lens, ’n lens vir portretfotografie en nog een vir nabyskote, berig Android Authority.

Op die steelfoto’s lyk dit ook nie asof die Galaxy S20 se skerm so ver om die rande van die foon gaan vou soos vorige modelle nie. Dit lyk heelwat platter as byvoorbeeld verlede jaar se S10.

Die Galaxy S20 word amptelik op 11 Februarie in San Francisco bekend gestel.

Jaar na jaar lek daar steelfoto’s van Samsung se vlagskipfone ’n paar weke voor die bekendstelling uit. Hoewel die maatskappy dit ontken, word daar wyd aanvaar die foto’s word doelbewus uitgelek om voorbrand te maak vir die amptelike bekendstelling.

Meer oor:  Samsung  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.