Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Tesla stel vrou as voorsitter aan

Tesla het ’n vrou as direksievoorsitter in die plek van Elon Musk aangestel, wat die volgende drie jaar nie meer uitvoerende hoof én voorsitter mag wees van die Amerikaanse vervaardiger van elektriese motors nie.

Robyn Denholm, finansiële hoof van die Australiese telekommunikasiemaatskappy Telstra, is as nuwe voorsitter aangestel.

Musk, ook die stigter van Tesla, het meer as ’n maand gelede as voorsitter bedank as deel van ’n skikking met die Amerikaanse reguleringsowerhede.

Tesla het tot 13 November tyd gehad om ’n onafhanklike direksievoorsitter aan te stel ingevolge sy ooreenkoms met die Securities and Exchange Commission. Die kommissie het gesê Musk se twiets oor sy planne om Tesla te denoteer was bedrieglik, en dat Musk as voorsitter moet bedank.

Hy kon wel sy rol as uitvoerende hoof behou.

Musk is sedert 2004 in Tesla se direksie en het in Augustus getwiet hy oorweeg dit om die groep van die New York-aandelebeurs te denoteer vir $420 per aandeel. Volgens hom het hy reeks finansiering vir die transaksie bekom. Die plan is later laat vaar, maar het die wenkbroue van verskeie staatsagentskappe laat lig.

Denholm is sedert 2014 ’n onafhanklike direkteur van Tesla. Haar aanstelling as voorsitter kom ná maande van onmin oor Tesla en sy aandeelprys namate beleggers vir strenger toesig oor Musk gevra het. Sy wisselvallige optrede in die openbaar het kommer laat ontstaan oor sy vermoë om die maatskappy deur ’n moeilike groeifase te stuur.

Denholm sal haar rol as finansiële en strategiehoof van Telstra laat vaar sodra sy ’n kennistydperk van ses maande voltooi het. Sy is in Julie as finansiële hoof by Telstra aangestel.

Volgens Musk sien hy uit om saam met Denholm te werk.

Tesla het in Oktober van sy kritici se monde gesnoer met die bekendmaking van ’n netto wins en positiewe kontantvloei in sy derde kwartaal danksy hoër produksievolumes van sy Model 3-sedan.

Volgens ’n Tesla-woordvoerder sal Denholm ’n jaarlikse kontantbetaling van $300 000 asook 8 000 aandeelopsies kry as vergoeding. Tesla soek na nog twee onafhanklike direkteure. – Reuters

Meer oor:  Tesla  |  Robyn Denholm  |  Elon Musk  |  Elektriese Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.