Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: TikTok gaps grootkop van Disney

TikTok het Kevin Mayer, Disney se hoof van stromingsdienste, opgeraap en as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel.

Mayer, wat Disney aan die einde van Mei verlaat, het verlede November die baie suksesvolle bekendstelling van Disney+, die maatskappy se eerste stromingsdiens, gelei.

Hy is egter nie in Februarie as die nuwe uitvoerende hoof van die Walt Disney-maatskappy aangestel nie en Bob Chapek, voorheen hoof van Disney se temaparke, is in dié gesogte pos aangestel.

Afgesien daarvan dat hy TikTok se nuwe baas is, is Mayer ook aangestel as die nuwe bedryfshoof van ByteDance, die Chinese onderneming wat TikTok besit.

TikTok, wat gebruikers toelaat om kort, dikwels snaakse, video’s te maak en met hul vriende te deel, het baie vinnig geweldig gewild onder veral Amerikaanse jong mense geraak.

TikTok het voorheen daarop gesinspeel dat hy sy eie musiekstromingsdiens wil begin.

Kevin Mayer, hoof van Disney se stromingsdienste, is pas as die nuwe uitvoerende hoof van TikTok aangestel.Foto: Reuters

Daar heers wel kommer in Washington oor TikTok se eienaarskap en die wyse waarop met die gebruikers se persoonlike inligting omgegaan word.

ByteDance ontwikkel ook gesofistikeerde programme van kunsmatige intelligensie om TikTok-gebruikers se voorkeure te verstaan en video’s op grond daarvan aan hulle voor te stel.

Die Amerikaanse regering het in November ’n ondersoek na ByteDance se verkryging van Musical.ly, ’n sosialemediaplatform, teen $1 miljard gelas.

Musical.ly is uiteindelik in TikTok omskep.

’n Nuwe wetsontwerp is ter tafel gelê wat federale amptenare sal verbied om TikTok te gebruik.

Josh Hawley, ’n republikeinse senator, het voorheen gesê TikTok se base kan nie voor die Amerikaanse kongres kom getuig nie, omdat dit ’n Chinese maatskappy is.

“Maar nou woon TikTok se nuwe uitvoerende hoof in Amerika,” het Hawley Maandag op Twitter geskryf.

“Ek sien uit daarna om onder eed van hom te hoor.”

ByteDance het begin om moeite te doen om die bedrywighede van sy Chinese wortels te onderskei.

Die maatskappy het onlangs ook ’n voormalige grootkop van Microsoft, Erich Andersen, as sy nuwe regshoof aangestel.

Vanessa Pappas, voorheen by YouTube, is in 2019 as hoof van TikTok se bedrywighede in Amerika aangestel.

Rebecca Campbell, wat reeds 23 jaar by Disney werk, is as Mayer se opvolger aangestel.

Disney+ het reeds sedert sy bekendstelling ses maande gelede meer as 50 miljoen intekenare gewerf. – Reuters

Meer oor:  Tiktok  |  Bytedance  |  Disney  |  Sosiale Media  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.