Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Verander jou foon in ’n muis

Daar is niks so lekker soos om agteroor te sit en jou gunsteling-TV-program te kyk nie.

In die verlede het jy natuurlik die televisiekanale met ’n afstandbeheerder verander, maar hoe gemaak as jy jou rekenaar of ’n slimtelevisie ook gebruik vir TV, Netflix en YouTube?

Natuurlik kan jy jou rekenaar se muis gebruik, maar ai, selfs ’n draadlose muis en sleutelbord is ’n beslommernis as jy knus wil opkrul.

En hoe gemaak as jy jou slim-TV se afstandbeheerder verloor het of dit stukkend is?

Dit is waar die Remote Mouse-app jou ervaring op jou rekenaar of slimtelevisie kan vergemaklik.

Die Remote Mouse maak van jou selfoon of tablet ’n gebruikersvriendelike afstandbeheerder. Dit simuleer die funksie van ’n draadlose muis, sleutelbord en raakpaneel.

Die beste van alles is dat dit so ontwerp is dat jy dit met een hand kan gebruik.

Hoe werk dit?

Die app Remote Mouse kan jou foon in ’n muis verander.

Laai die app Remote Mouse van Play Store of Apple Store af.

Daarna moet jy na die webwerf www.remotemouse.net op jou rekenaar of slimtelevisie gaan en dit ook daar aflaai.

Koppel die twee aan jou WiFi en daar het jy dit! Nou hoef jy nie meer ’n muis of sleutelbord te gebruik nie.

Volgens Cnet.com is die Remote Mouse-app een van die beste tot dusver en het meer as 20 miljoen gebruikers dit al installeer.

Die app is gratis en werk op die bedryfstelsels Windows 7, 8, 10, Vista, Mac OSX 10.6+ en Linux.

lessenaar, tuiskantoor, werk van huis af
Jy kan TV kyk waar jy ook al wil, met jou foon in die hand as afstandbeheerder. Foto: Unsplash
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.