Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Wêreld se 1ste foon met 4 kameralense

Wat is beter as ’n slimfoon met een kameralens? Een met vier!

Samsung se nuwe Galaxy A9, wat Donderdag bekend gestel is, is die wêreld se eerste slimfoon met ’n vierledige kamera.

Saam met die selfiekamera aan die voorkant, beteken dit die A9 het inderwaarheid vyf kameralense.

Die nuwe Samsung Galaxy A9 word in Desember uitgereik.Foto: Verskaf

Die A9 lyk baie dieselfde as die Galaxy A7 wat Samsung in ’n verrassende wending in September bekend gestel het nadat steelfoto’s daarvan uitgelek het.

Die A7 het egter net drie kameralense teenoor die A9 se vier.

Van die ander verskille sluit in die A9 se groot battery van 3 800 mAh teenoor die A7 se 3 300 mAh en sy ingeboude ses gigagrepe geheue teenoor die A7 se vier gigagrepe.

Die A9 is ook ’n klein bietjie groter (16 cm) as die A7 s’n (15,2 cm), maar andersins lyk hulle byna dieselfde. Die A9 se skerm is maar ’n paar millimeter kleiner as die Note 9 s’n.

Albei fone word verskeep met Android 8.0 (Oreo) en ondersteun Samsung Pay, wat as afsonderlike mobiele betaalmetode in Augustus in Suid-Afrika bekend gestel is.

Die A7 word in November plaaslik uitgereik terwyl die A9 in Desember volg, het ’n plaaslike verteenwoordiger van Samsung bevestig.

Waar die A7 se plaaslike prys R8 500 sal wees, is die prys van die A9 nog nie bekend nie. Dit sal wel na verwagting betreklik duur wees danksy sy gevorderde skerm en vinniger verwerker (2017 se Qualcomm Snapdragon 660).

Die A9 word uitgereik in drie kleure: swart, blou en pienk.

Die vier kameralense van die Samsung Galaxy A9. Foto: Verskaf
Die A9 se besonderse kamera:

Die kamera bestaan uit vier lense: een vir wye skote, een om diepte beter vas te vang, ’n hooflens van 24 megapieksel, en ’n spesiale lens om lekker te kan inzoem op voorwerpe.

Al vier lense werk saam om die perfekte foto vas te vang

Die A9 sal foto’s teen ’n wye hoek van minstens 120 grade kan neem.

Meer oor:  Samsung  |  Slimfone  |  Galaxy A9  |  Tegnologie  |  Galaxy A7
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.