Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kykers van dié gru-porno se inligting lek
Gereelde besoekers aan die pornografiese webtuiste Luscious.com se inligting het uitgelek.Foto: Unsplash

Meer as ’n miljoen (gereelde) besoekers aan ’n Japanse pornografiewebwerf se persoonlike inligting is in ’n onlangse kuberaanval bekom.

Dit sluit in die persone se gebruikersname, e-posadresse, die video’s waarna hulle gekyk het sowel as van waar hulle afkomstig is.

Navorsers by vpnMentor het die databreuk eerste bespeur.

“Ons span kon toegang tot die hele databasis verkry, want dit was geensins beskerm of gekodeer nie,” skryf die maatskappy op sy webwerf.

Die betrokke webwerf, luscious.net, bied ’n spesifieke soort pornografie genaamd hentai.

Wat is hentai?

Hentai is geanimeerde pornografie in die styl van Japanse anime. Dit beeld verskeie perverse seksdade op ’n uiters grafiese manier uit, dikwels tussen “mense” en mitiese gediertes, ruimtewesens, robotte en demone.

Die oorsprong daarvan is deels te danke aan Japanse wette rakende sensuur wat die uitbeelding van seksuele dade tussen werklike mense in pornografiese video’s verbied.

Die gewildheid van hentai het mettertyd wêreldwyd versprei.

Hentai is wel baie omstrede weens die hoë vlakke van geweld en dikwels ook verkragting wat uitgebeeld word.

LEES OOK: Het jy al pornografie aanlyn gekyk? Lees dan hier

Hoe het die kykers se inligting uitgelek?

Dit is nog onduidelik wie verantwoordelik is vir die kuberaanval waartydens die inligting gesteel is, maar daar blyk ’n fout te wees met Luscious se stelsels.

Volgens vpnMentor was die inligting maklik bekombaar, hoewel hulle nie spesifiseer waar of hoe hulle dit ontdek het nie.

Enigiemand anders wat ook die data kon opspoor, sal verskeie van Luscious se gebruikers se regte name en kykgewoontes kan sien.

“Dit hou verwoestende gevolge in vir gebruikers, sowel persoonlik as finansieel,” waarsku vpnMentor in ’n inskrywing op sy korporatiewe blog.

In sommige gevalle kon vpnMentor selfs sien watter gebruikers het hul eie pornografiese video’s op Luscious gelaai.

Dié plofbare besonderhede kan maklik deur ’n swendelaar gebruik word om geld by gebruikers af te pers, sê vpnMentor.

Die data is op 15 Augustus ontdek. Luscious het teen 19 Augustus die breuk in sy stelsels reggestel.

Daar is wel steeds ’n goeie kans dat ’n kopie van al die data iewers op die internet rondlê.

Volgens vpnMentor is dit veral kommerwekkend dat soveel van die betrokke gebruikers se e-posadresse amptelike adresse van regeringsamptenare van lande soos Australië, Brasilië, Italië en Maleisië is.

Meer oor:  Vpnmentor  |  Internet  |  Pornografie  |  Hentai  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.