Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Laer datakoste kom beslis, sê Vodacom

Strategieë word ondersoek om die koste van kommunikasie nog verder te verlaag aangesien Vodacom nie doelbewus die verlaging van datapryse vertraag nie.

Só het Mamello Selamolela, besturende direkteur van Vodacom se sentrale streek, Dinsdag op ’n mediakonferensie in Bloemfontein gesê.

Volgens Selamolela is Vodacom bewus daarvan dat datakoste kommerwekkend hoog is en dat dit dringend aandag vereis.

“Die goeie nuus is dat die prys van data in die sentrale streek sedert verlede jaar met 45% gedaal het.”

Die goeie nuus is dat die prys van data in die sentrale streek sedert verlede jaar met 45% gedaal het.
Mamello Selamolela

Daarmee saam is die selfoonnetwerk volgens Shameel Joosub, uitvoerende hoof, nog van plan om ’n prys-veranderingstrategie te implementeer.

“Samesprekings met relevante owerhede soos die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa) is aan die gang om maniere te bespreek waarop datakoste nog verder verlaag kan word.”

Volgens Selamolela kon Okosa, die mededingingskommissie en Vodacom ná talle besprekings nog nie ’n ooreenkoms oor ’n data-prysverlaging bereik nie.

Selamolela sê vanjaar se beplande 5G-diens vir Suid-Afrika sal eers in die volgende vyf jaar in die sentrale deel van die land beskikbaar wees.

Dié diens word eers elders, onder meer in Gauteng en Kaapstad, gevestig.

Selamolela is tevrede oor die gehalte van Vodacom se netwerk in Sentraal-Suid-Afrika.

“Ons het in ons doel geslaag om ’n gehalte-netwerk in die Vrystaat en Noord-Kaap te vestig.”

Altesaam R200 miljoen is toegeken vir nuwe uitbreidings en die verbetering van bestaande infrastruktuur aan die netwerk in dié streek.

Selamolela sê 110 nuwe terreine, waarvan vier spesifiek in landelike gebiede is, is in die Vrystaat en Noord-Kaap ontwikkel waar gebruikers nou ook op die Vodacom-netwerk is.

Daarmee saam sal ’n verdere 20 tot 40 nuwe Vodacom-netwerkterreine binne die volgende jaar in landelike gebiede gevestig word.

“Die nuwe terreine sal boere en plaaswerkers die geleentheid gee om as Vodacom-gebruikers met mekaar en die tegnologiese vooruitgang van die toekoms verbind te bly.”

Selamolela sê daar word beplan om in die verbetering van transmissie-afdelings, radio-infrastruktuur, bykomende kapasiteit en vinniger dataspoed in hoëverkeersgebiede te belê.

“Die sentrale deel van Suid-Afrika het ’n hoër datagebruik per kliënt as die nasionale gemiddeld.”

Meer oor:  Okosa  |  Vodacom  |  Datakoste  |  Selfone  |  Kommunikasie  |  Selfoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.