Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Lede van MultiChoice se swart skema kry aandele
MultiChoice verskaf inhoud aan verbruikers in 49 Afrika-lande.

Aandeelhouers van Phuthuma Nathi, MultiChoice se bemagtigingskema, het ten gunste gestem van ’n voorstel om 20% van aandele in dié skema vir MultiChoice gewone aandele te verruil.

Mandla Langa, voorsitter van Phuthuma Nathi (PN), sê in ’n verklaring dié stap word wyd verwelkom en gee lede van die bemagtigingskema ’n groter aandeel in MultiChoice.

Dié maatskappy, wat vroeër vanjaar afsonderlik op die JSE genoteer het, het reeds sy skema se belang sonder enige koste vir aandeelhouers van 20% tot 25% verhoog.

Volgens MultiChoice sal die ruiling van PN-aandele vir MultiChoice-aandele aandeelhouers groter blootstelling gee aan die maatskappy se bedrywighede in Suid-Afrika en elders op die vasteland.

MultiChoice bedryf onder meer ook die stromingsdiens Showmax en die diensteverskaffer Irdeto.

PN-aandeelhouers het tot die einde van die maand om op ’n vrywillige basis tot 20% van hul PN-aandele vir MultiChoice-aandele te verruil.

MultiChoice het Maandagmiddag 0,06% laer teen R118,57 verhandel.

Die maatskappy gaan nuwe aandele uitreik vir diegene wat deelneem aan die uitruilskema.

MultiChoice het ook verlede maand ’n ruim dividend van R1,5 miljard aan PN-aandeelhouers uitbetaal. Dit is 13,6% meer as ’n jaar gelede

Die 5%-verhoging in aandeelhouding het tot die skerp toename in die uitgekeerde dividend gelei.

MultiChoice beskou Phuthuma Nathi as een van die “suksesvolste swartbemagtigingskemas in Suid-Afrika.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.