Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
LinkedIn, Microsoft help jou só om werk te kry

Microsoft het nuwe hulpmiddels daargestel om digitale vaardighede binne meer mense se bereik te plaas.

social media
LinkedIn Skills Path is ’n nuwe manier om ondernemings te help om mense met die regte vaardighede aan te stel. Foto: Getty Images

Daar word ook op sy beroepsgerigte sosialemedia-platform harder probeer om werkgewers te verenig met mense met die regte tegniese, maar ook sagte vaardighede.

Microsoft glo om digitale vaardighede uit te brei is die beste manier om lewe in die ekonomie te blaas.

Die tegnologiereus het teen Junie 2020 aan meer as 30 miljoen mense in 249 lande opleiding verskaf, insluitend 300 000 Suid-Afrikaners, deur middel van sy Global Skills Initiative.

Die maatskappy stel nou gratis LinkedIn Learning- en Microsoft Learn-kursusse en goedkoop sertifikate bekend wat ooreenstem met tien van die gewildste poste.

Die LinkedIn-kursusse gaan onder meer oor blokkettingbeginsels, kodering en data-ontleding.

Microsoft Learn gaan onder meer oor kodering en outomatisering, die bou van gemeenskapsgedrewe sagteware, en hoe om finansiële apps in jou onderneming te gebruik.

Verswakkende ekonomie

“Die uitbreiding van toegang tot dié leermiddels en vaardighede kom op ’n kritieke tydstip vir Suid-Afrika wat in ’n verswakkende ekonomie is met groeiende werkloosheid,” sê Lillian Barnard, besturende direkteur van Microsoft Suid-Afrika.

Suid-Afrika se ekonomie het in 2020 met 7% ingekrimp. Werkloosheid het toegeneem tot 32,5%, met 11,1 miljoen mense wat nou nie werk of verder studeer nie.

“Dit illustreer die kritieke behoefte om ekonomiese herstel te versnel, veral vir diegene wat die swaarste getref word deur die impak van die pandemie.

“Digitale vaardighede is die doeltreffendste manier om herstel te bewerkstellig weens die toenemende verskuiwing na digitale tegnologieë en die toenemende vraag na mense met digitale vaardighede,” sê Barnard.

Hulp deur LinkedIn

LinkedIn beplan om vanjaar 250 000 maatskappye te help om digitaal vaardige werkers aan te stel. Die maatskappy bied aan werksoekers nuwe maniere om hul vaardighede te vertoon. Daar is ook nuwe instrumente vir werkgewers om kontak te maak met kandidate met die regte vaardighede.

Dit sluit die volgende in:

  • Die bekendstelling van LinkedIn Skills Path, ’n nuwe manier om ondernemings te help om mense met die regte vaardighede aan te stel.
  • Meer inklusiewe en verpersoonlikte LinkedIn-profielfunksies sal mense help om op ’n meer unieke manier meer oor hulself, hul loopbaan en doelwitte te deel. Dit bevat ’n video, Cover Story, waarmee werksoekers hul sagte vaardighede kan demonstreer.
  • Uitgebreide toegang tot grafieke oor vaardighede.
  • Career Coach is ’n Microsoft Teams for Education-app wat aangedryf word deur LinkedIn. Dit bied verpersoonlikte leiding vir studente om hul loopbaan te beplan.

Kry hier meer inligting

Mense wat belangstel om toegang tot dié digitale opleiding te kry, kan meer op Microsoft se mikro-webwerf leer. Al die bronne vir die Global Skills Initiative is ook beskikbaar by www.aka.ms/jobseeker.

Meer oor:  Linkedin  |  Microsoft  |  Vaardighede  |  Beroepe  |  Loopbane  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.