Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Liquid Telecom kry beleggings van R5 mjd.

Liquid Telecom het $307 miljoen (bykans R5 miljard teen die huidige wisselkoers) deur middel van regte-uitgifte ingesamel om meer datasentrums oor Afrika heen op te rig.

Liquid Telecom bedryf reeds 70 000 km se vesellyne oor Afrika heen. Foto: Unsplash

Die regte-uitgifte sluit in ’n bykomende belegging van $40 miljoen (sowat R650 miljoen) deur die Britse beleggingsfirma CDC Group.

Liquid Telecom, reeds Afrika se grootste verskaffer van veseldienste, beplan om meer datasentrums in vyf Afrikalande, waaronder Egipte en Nigerië, op te rig, het Stephane Duproz, hoof van die maatskappy se datasentrums, gesê.

Internasionale tegnologiereuse ding reeds mee om bekostigbare en doeltreffende maniere te vestig om hoëspoedinternettoegang oor die vasteland heen te bewerkstellig.

Hoewel Afrika se aantal datasentrums oor die laaste drie jaar verdubbel het, verteenwoordig dit steeds minder as 1% van die wêreldtotaal.

“Afrika het ’n beduidende onbenutte ekonomiese potensiaal wat ontsluit kan word deur in konnektiwiteit te belê,” sê Nic Rudnick, uitvoerende hoof van Liquid Telecom.

Amazon, Huawei en Microsoft is maar net ’n paar ondernemings wat in die laaste paar jaar ruimskoots in datasentrums in Afrika belê het.

Liquid Telecom het reeds grond in Nigerië en Ghana gekoop en is na nog geskikte grond in ander Afrikalande op soek, sê Duproz.

Die maatskappy gaan ook ’n datasentrum van Standard Bank in Johannesburg oorkoop.

“Dit sal ’n belangrike rol speel in die hantering van die toenemende vraag na digitale dienste en om die digitale kloof tussen Afrika en ander gebiede te verklein,” sê Nick O’Donohoe, uitvoerende hoof van CDC.

Laasgenoemde, wat deur die Britse regering gefinansier word, beplan om vanjaar nog meer as $1,5 miljard in ondernemings in Afrika en Asië te belê.

Econet Global besit reeds ’n meerderheidsaandeel in Liquid Telecom. Die maatskappy besit meer as 70 000 km se vesellyne in Afrika en bedryf reeds datasentrums in Suid-Afrika, Rwanda en Kenia.

Meer oor:  Liquid Telecom  |  Veselinternet  |  Tegnologie  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.