Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Los eerder jou MacBook by die huis, vra lugdienste
Al meer lugdienste verbied Apple se MacBook Pro-skootrekenaars oor vrese dat die battery kan vlamvat.Foto: Unsplash

As jy ’n MacBook Pro-skootrekenaar besit, oorweeg om dit maar eerder by die huis te los die volgende keer wat jy oorsee reis.

Al meer lugdienste is besig om dié tipe rekenaars in bagasie te verbied uit vrees dat die battery dalk kan vlamvat.

Qantas, Australië se nasionale lugdiens, het Woensdag gesê alle 15-duim weergawes van die MacBook Pro moet voortaan saam met passasiers se handbagasie vervoer word en moet te alle tye afgeskakel bly.

Dié nuwe reël geld reeds vanaf vandeesweek Dinsdag.

Dit beteken passasiers mag geen 15-duim MacBook Pro in hul bagasie stoor wat onder in die vliegtuig vervoer word nie.

Virgin Australia het dit ’n stappie verder geneem deur enige Apple-skootrekenaar te verbied in enige tas buiten handbagasie.

Australië se twee grootste lugdienste is maar die jongste in ’n groeiende lys lugdienste van oor die wêreld heen wat bekommerd is oor Apple-skootrekenaars wat skynbaar spontaan in vlamme kan uitbars.

Die betrokke modelle is die 15-duim MacBook Pro wat tussen September 2015 en Februarie 2017 verkoop is.

LEES OOK: Oppas, jou Mac kan ontplof, waarsku Apple

Apple het in Junie erken die battery van ’n “beperkte aantal” van sy ouer-generasie skootrekenaars kan dalk oorverhit en dalk aan die brand slaan.

Singapoer en Thailand se nasionale lugdienste het ook al MacBook Pro’s verbied.

Die Amerikaanse federale lugvaartowerheid het vroeër vandeesmaand ’n waarskuwing oor Apple se skootrekenaars uitgereik.

Die owerheid het lugdienste daaraan herinner om die nodige veiligheidsinstruksies te volg en geen goedere met batteryprobleme op ’n vlug toe te laat nie. Dit beteken die betrokke Apple-skootrekenaars mag nie as handbagasie of in ander bagasie op ’n vlug geneem word nie.

Europa se lugvaartowerheid het sy eie waarskuwing oor die MacBook Pro op 1 Augustus uitgereik.

Hoewel daar al etlike gevalle was van passasiers wie se selfone en skootrekenaars aan boord van ’n vliegtuig aan die brand geslaan het, het dié tipe voorvalle nog nooit handuit geruk nie.

Nóg ’n groot sondaar is litiumbatterye wat sedert 2006 by drie vliegtuigongelukke betrek word. In al drie gevalle word daar vermoed die batterye het aan die brand geslaan en uiteindelik die vliegtuie laat neerstort. – Bloomberg

Meer oor:  Apple  |  Macbook Pro  |  Tegnologie  |  Skootrekenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.