Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Luister ‘miljoene liedjies’ vir net R2,50 per uur
Musiekstroomdienste is gewilder op weekdae, veral Vrydae, terwyl die gebruik daarvan oor naweke afneem. Foto: Pixabay

MTN het pas sy nuwe musiekstromingsdiens MusicTime! bekend gestel.

Die diensverskaffer bied die diens in samewerking met Simfy Africa, wat reeds ’n geruime tyd ’n musiekstromingsdiens in Suid-Afrika bedryf, aan.

MusicTime! werk egter op ’n unieke, en volgens MTN, “revolusionêre” konsep, waarvolgens gebruikers per uur eerder as per maand betaal.

Luidens Jacqui O’Sullivan, hoof van korporatiewe sake by MTN in Suid-Afrika, betaal gebruikers net vir die tyd wat hulle spandeer om na musiek te luister.

Teen R5 kry gebruikers twee ure lank toegang tot MusicTime! se “miljoene” liedjies, sê O’Sullivan.

Vir R10 kry jy vyf ure se toegang.

In albei gevalle het gebruikers sewe dae om die tyd op te gebruik. Die prys sluit ook in die data wat nodig is om die musiek te stroom.

MusicTime! het ’n ingeboude tydklokkie wat jou oorblywende tyd op die platform aftel. Om bloot deur die app te blaai op soek na iets om te luister, tel nie teen jou beskikbare tyd nie. Eers wanneer jy musiek begin speel, begin jy tyd gebruik.

By navraag het O’Sullivan bevestig dat MusicTime! net vir MTN-kliënte beskikbaar is, wat diegene wat ’n kontrak by die diensverskaffer het, insluit.

Gebruikers betaal vir die diens uit hul beskikbare lugtyd, sê O’Sullivan.

Anders as Simfy Africa, wat teen R25 per maand Suid-Afrika se goedkoopste musiekstromingsdiens is, bied MusicTime! geen maandelikse opsie nie.

Dit is nie duidelik hoeveel liedjies MusicTime! in sy katalogus bied nie. By navrae het O’Sullivan bloot gesê die katalogus bevat “miljoene” liedjies. Die diens is tans net in Suid-Afrika beskikbaar.

Buiten MusicTime! en Simfy Africa het Suid-Afrikaners ook tot Apple Music, Spotify, Deezer, Tidal, Joox sowel as Google Music toegang.

Meer oor:  Mtn  |  Musiekstromingsdienste  |  Tegnologie  |  Musictime  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.