Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Luno sprei sy vlerke na Australië
Luno gaan nou na Australië uitbrei. Foto: Unsplash

Luno, Suid-Afrika se grootste verhandelingsplatform vir kriptogeld, soos bitcoin, gaan nou ook in Australië beskikbaar wees.

Luno is reeds in verskeie lande in Afrika, Europa en Suidoos-Asië bedrywig.

Australië word as ’n gunstige mark vir kriptogeld beskou omdat die gemiddelde bevolking betreklik jonk is en oor heelwat besteebare inkomste beskik, sê Marius Reitz, hoof van Luno se bedrywighede in Afrika.

Australiërs is ook geneig om nuwe tegnologie op die gebied van finansiële dienste spoedig aan te gryp, sê hy.

Daar is wel reeds ’n aantal opsies vir beleggers daar om kriptogeld te bekom, maar dié opsies is almal baie “ingewikkeld”, sê Reitz.

Dit sluit in dat bitcoin en ander kriptogeld by sowat 3 500 Australiese poskantore aangeskaf kan word.

Luno hoop om met sy app ’n “eenvoudige, maklike en veilige manier” te skep vir Australiërs om te begin om in kriptogeld te belê.

Verskeie handelaars daar aanvaar reeds digitale geld as betaalmetode vir goedere en dienste.

Luno het meer as vyf miljoen klante in meer as 40 lande en is ook aktief besig om na die res van Afrika uit te brei.

“Die uitbreiding in Afrika vorder goed en ons het onlangs met bedrywighede in Zambië en Uganda begin,” sê Reitz.

Bitcoin het Vrydagoggend teen bykans R204 000 op Luno verhandel.

Die prys was die afgelope maand betreklik stabiel met ’n hoogtepunt van R220 000 rondom 18 Augustus voordat dit weer begin daal het.

’n Jaar gelede was een bitcoin R161 800 werd.

Meer oor:  Luno  |  Bitcoin  |  Australië  |  Digitale Geld  |  Kriptogeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.