Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Maak só seker jou WhatsApp is weer veilig

Meer as 1,5 miljard mense wêreldwyd gebruik WhatsApp. En diegene met ’n ouer weergawe van die kletsdiens se toestelle is kwesbaar om met spioenasieware besmet te word, het Facebook Dinsdag gewaarsku.

Facebook besit en bedryf WhatsApp.

Netwerk24 het Dinsdag berig dat Facebook ’n dringende beroep op gebruikers van WhatsApp gedoen het om dadelik die jongste weergawe van die app af te laai.

Dit volg nadat die maatskappy ’n fout met die kletsdiens uitgestryk het wat booswigte toegelaat het om spioenasieware op teikengebruikers se toestelle sonder hul medewete te installeer danksy WhatsApp.

WhatsApp het die fout vroeg in Mei bespeur en Vrydag ’n nuwe weergawe van sy app uitgereik wat dit regstel.

Facebook wou nie sê hoeveel toestelle is moontlik weens die fout met spioenasieware besmet nie. Hy het wel gesê hy is net bewus van ’n “handvol” gevalle sonder om dit te kwantifiseer.

Sekerheidskenners waarsku dis bykans onmoontlik om te bepaal of jou toestel met die betrokke spioenasieware besmet is, aangesien dit op die oog af soos normaal sal funksioneer.

Dié tekens kan wel die gevaarligte laat flikker:

  • Jou foon tree snaaks op, soos dit gaan skielik af en weer aan.
  • Jou foon se battery word gouer pap as gewoonlik.
  • Jou foon voel warm in jou hand.
  • Jou foon gebruik skielik baie meer data in die agtergrond as gewoonlik.

Die virus word wel versprei deur WhatsApp-oproepe. As jy dus geen WhatsApp-oproep van ’n vreemde nommer ontvang het in die laaste paar weke nie, is jou foon waarskynlik onbesmet.

Ouer weergawes van WhatsApp is kwesbaar vir spoenasieware. Foto: Argief

Laai só die jongste weergawe van WhatsApp af:

Op ’n Android-toestel, gaan na die Play-winkel. Onder die kieslys, gaan na “My apps & games”. Vind WhatsApp onder jou lys van apps. Klik daarop.

As daar ’n nuwer weergawe beskikbaar is, sal jy die opsie sien om die app te kan “Update”. Indien jy reeds die jongste (en dus veilige) weergawe het, sal jy net die opsie sien om die app te kan oopmaak (of uit te vee).

Die regte weergawe van WhatsApp wat jy moet hê op jou Android-toestel, is 2.19.134.

As jy ’n Apple-toestel het, gaan na die App-winkel. Kies dan “Updates” en beweeg af tot jy WhatsApp sien.

As jy reeds die jongste weergawe het, sal jy net die opsie hê om die app oop te maak. Indien daar ’n bywerking beskikbaar is, sal die opsie lees “Update”.

Maak seker jy het WhatsApp se weergawe 2.19.51 op jou toestel. Dit is die veilige weergawe.

Meer oor:  Facebook  |  Tegnologie  |  Whatsapp  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.