Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Man vas wat ander help onwettig na DStv kyk
televisie, dstv, multichoice
MultiChoice sê hy gaan roofkykers vastrek. Foto: Unsplash

Die polisie het vandeesweek ’n man aangekeer wat na bewering toestelle verkoop het waarmee daar na DStv-kanale gekyk kan word sonder om te betaal.

Irdeto, ’n volfiliaal van MultiChoice en verskaffer van sekerheidsdienste, het nou saam met polisie se afdeling vir kommersiële misdaad gewerk om die verdagte vas te trek, sê MultiChoice Vrydag in ’n verklaring.

Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het na bewering spesiale dekodeerders verkoop waarmee daar onwettig na inhoud van DStv en “ander internasionale verskaffers” gekyk kan word.

Daar is beslag gelê op talle van dié toestelle tydens die man se arrestasie.

Hy het reeds in Kaapstad in die hof verskyn, waar die saak tot Februarie uitgestel is. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

LEES OOK: Is roofkyk tegnies wettig in SA?

Volgens Joe Heshu, hoof van korporatiewe sake, is die maatskappy trots dat hy die polisie kon bystaan in hierdie “belangrike ondersoek en arrestasie”.

“Die onwettige verspreiding van inhoud raak toenemend ’n probleem en is een van die grootste vorme van roofkyk, veral as dit kom by groot regstreekse sportgebeure.”

Kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing is dit onwettig om inhoud aan ’n derde party te verskaf sonder die toestemming van die kopiereghouer of eienaar.

Volgens Frikkie Jonker, direkteur van kubersekerheid by Irdeto, is die diefstal van inhoud deesdae ’n “volwaardige kriminele onderneming”.

Booswigte bied die geleentheid om op onwettige maniere toegang tot DStv en ander dienste se inhoud te bekom sonder om daarvoor te betaal.

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het aangedui hulle beplan om meer mense aan te keer in die stryd teen roofkyk.


Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Stromingsdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.