Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Mans begaan $5 m. se ‘fout’ met vrou se kaalfoto’s

Moet liewer nie private inligting soos kaalfoto’s van jouself op jou foon stoor en dit dan by ’n winkel ingee om herstel te word nie.

Kaalfoto’s is dalk nie so veilig op jou foon as wat jy dink nie. Foto: Unsplash

Dit het in Amerika met 'n 21-jarige student gebeur. 'n Hof het beslis dat sy nie blameer kan word nie, maar wel die Apple-tegnici wat haar foon herstel het.

Apple moet nou miljoene dollar opdok nadat die student van Oregon haar foon by ’n iPhone-winkel in Kalifornië wou laat herstel.

Volgens Indy100 het die tegnici “tien foto’s van haar soos wat sy van haar klere ontslae raak asook ’n seksvideo” op Facebook geplaas en probeer voorgee dat sy dit self opgelaai het.

Aanvanklik is net na Apple verwys as ’n “kliënt” om die saak privaat te hou. Die maatskappy is egter onlangs in die regsgeding teen die iPhone-vervaardiger as die kliënt uitgewys, het The Telegraph bevestig.

Die student se naam is nie bekend gemaak nie, en dit is nie bekend hoeveel skadevergoeding Apple haar moet betaal nie. Haar regsverteenwoordigers het egter $5 miljoen vir “emosionele leed” geëis.

Apple het vinnig opgetree toe hy van die voorval in kennis gestel is en die werkers is onmiddellik afgedank.

“Ons neem die privaatheid en veiligheid van ons kliënte se data uiters ernstig op. Ons het maatreëls in plek om te verseker dat hul inligting deur die hele herstelproses beskerm word. Toe ons in 2016 te wete gekom het van hierdie ernstige oortreding by een van ons verskaffers, het ons dadelik opgetree en sedertdien ons verkopersmaatreëls uitgebrei,” het ’n Apple-woordvoerder aan Indy100 gesê.

In 2019 het Apple voortgegaan met die pogings om privaatheid te versterk deur die herstel van toestelle deur ongemagtigde derdeparty-ondernemings te stop omdat dit die privaatheid van die kliënte in die gedrag bring.

Later dieselfde jaar het die maatskappy die onafhanklike herstelverskaffer-program bekend gestel.

Aanvanklik was die program slegs toeganklik vir iPhones wat buite waarborg was om deur derdeparty-ondernemings herstel te word.

Vroeg in 2021 het Apple gesê die program is wêreldwyd uitgebrei na meer as 200 lande om veilige en “betroubare herstelwerk aan Apple-produkte te bied”.

Apple het glo meer as 1 500 onafhanklike herstelverskaffers met kliënte in Kanada, die VSA en Europa.

Meer oor:  Apple  |  Privaatheidskending  |  Slimfoon  |  Iphone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.