Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Meer as 1 miljoen gebruik nou al Cartrack

Cartrack, ’n genoteerde verskaffer van voertuigopsporingstelsels, het ’n dividend van 20c per aandeel verklaar vir sy halfjaar tot einde Augustus.

Die embleem van Cartrack, wat in 2004 gestig en teen 2014 op die JSE genoteer is.

Cartrack het vir die eerste keer meer as 1 miljoen mense wat op sy voertuigopsporingsdienste ingeteken is. Sy getal intekenare het van 849 772 ’n jaar gelede met 22% tot 1,038 miljoen gegroei.

Cartrack ding mee met meer gevestigde verskaffers van dié voertuignasporingstegnologie, soos Tracker.

Sy inkomste uit intekenare het met 26% tot R897 miljoen gegroei en verteenwoordig nou 96% van sy totale inkomste teenoor 90% ’n jaar gelede.

Cartrack het ’n bedryfswins van R316 miljoen behaal, wat 24% beter is as ’n jaar gelede.

Cartrack doen ook in Europa en Asië sake en sy inkomste uit die buitelandse bedrywighede bedra nou al 27% van die maatskappy se totale inkomste, het Zak Calisto, stigter en uitvoerende hoof, Woensdag gesê.

Asië bied vir Cartrack die grootste groeipotensiaal op lang termyn omdat die mark vir voertuignasporing daar nog baie gefragmenteerd is. Die tegnologie wat gebruik word, is nog op intreevlak.

Asië is reeds die tweede grootste bydraer tot Cartrack se inkomste, met inkomstegroei van 46% en die groei in die getal intekenare teen 39%.

Cartrack sê hy gaan toenemend op kunsmatige intelligensie, dataontleding en internetverbinde voertuie fokus, asook video’s om ’n al hoe beter diens aan veral vlootbestuursmaatskappye te bied.

Die maatskappy, wat in 2004 begin is en in 2014 op die JSE genoteer het, doen nou al in 23 lande in Afrika, Europa, Noord-Amerika, die Midde-Ooste en Asië sake.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.