Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Meer as 2 miljard mense gebruik nou WhatsApp
WhatsApp is die wêreld se grootste kletsdiens wat die aantal gebruikers betref. Foto: Unsplash

WhatsApp het nou twee miljard gebruikers – 500 miljoen meer as net twee jaar gelede.

Die gewilde kletsdiens het Woensdag die jongste syfers oor sy aantal gebruikers bekend gemaak.

Facebook het WhatsApp ses jaar gelede teen $19 miljard bekom.

WhatsApp is die wêreld se grootste kletsdiens, maar verdien bykans geen inkomste nie. Facebook het onlangs ook sy planne geskrap om advertensies in WhatsApp te vertoon.

Die kletsdiens het ook die enkodering van boodskappe op die platform verdedig enkele maande nadat hy koppe met politici in Washington daaroor gestamp het.

Facebook voer aan dat enkodering, wat enigiemand, selfs Facebook verhoed om die boodskappe van gebruikers te lees, goed is vir gebruikers se privaatheid.

Dit maak dit egter moeilik vir wetstoepassers om misdadige gedrag op WhatsApp te bespeur.

“Sterk enkodering is ’n noodsaaklikheid in ’n moderne samelewing,” sê WhatsApp op sy blog.

“Ons sal nie ons sekuriteit inperk nie omdat dit mense minder veilig sal maak.”

Facebook werk daaraan om die boodskappe op al sy platforms, insluitende Messenger en Instagram, te enkodeer. - Bloomberg

Meer oor:  Whatsapp  |  Kletsapps  |  Tegnologie  |  Kletsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.